Jacaranda Day 2018: Die warmste kaartjie wat nóg gaan besit!

Is jy gereed om jou hande op die warmste kaartjie van die jaar te kry? Jacaranda Day is terug, en groter as ooit!

Die radiostasie, Jacaranda FM, bied weer vir jou ’n musikale skouspel met van ons land se gewildste kunstenaars op 2 Junie. Die konsert sal weer plaasvind by die Amfiteater van die Voortrekker Monument in Pretoria.

Bobby van Jaarsveld, Juanita du Plessis, Martin Bester, Jo Black, Refentse, Brendan Peyper, MiCasa, The Parlotones en vele meer sal tydens die geleentheid optree.

Kaartjies kos R165 per persoon, R85 vir kinders onder 12 asook vir pensionarise. Parkering sal jou R60 uit die sak jaag.

Klik hier om nou jou kaartjies aanlyn aan te skaf.