Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Ampie: Bosveld Blues
Resensies

Ampie: Bosveld Blues

Leoné Prinsloo12 April 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Coleske Artists (2018)

[yasr_overall_rating]

Ampie se derde solo album, Bosveld Blues wat vroeër vanjaar vrygestel is, bied ’n uitstekende balans tussen aangrypende liefdesballades en tong-in-die-kies kuier liedjies vir rondom die braaivleisvuur. Dit word voorafgegaan deur sy vorige twee albums, Niks en Niemand wat goue status bereik het asook Geheim wat verskeie radiotreffers soos Sugar Mammie en Ons was jonk opgelewer het. Hy het al reeds sedert 17-jarige ouderdom in die groepe, Definitely Maybe saam met Jo Black en later ’n Man soos Jan saam met wyle Hanno van Heerden bekendheid verwerf.

Bosveld Blues waarvan Murray Lubbe, Jake Odendaal en Ray Dylan die onderskeie vervaardigers was, is deur country-popmusiek in die styl van bekende kunstenaars soos Keith Urban geïnspireer. Ampie wat vanaf sy motorfiets die verte sit en instaar op die album omslag verteenwoordig in ooreenstemming met die inhoud daarvan die sorgelose bestaan van ’n vrygesel op die lang pad.

Ampie het die meeste liedjies op dié album self geskryf of in vennootskap met Sean Else van Eden faam wat destyds die gewilde groep, 34 Grade Suid saam met hom gevorm het. Hulle duet, Staan Vas wat ’n patriotiese sowel as ’n geestelike inslag toon, moedig luisteraars aan om weer te glo in liefde en hoop in ’n land waarin hul voortdurend getoets word. Verskeie ander liedjieskrywers soos Ray Dylan, Johan Vorster, Charl Suiwer, Arri Opperman en P.J. Cruz het egter ook hand bygesit.

Die eerste enkelsnit vanaf hierdie album, Ek sal wat Ampie in samewerking met Ray Dylan geskryf het, is ’n aangrypende liefdesverklaring en sal enige vrou se hart laat vermurwe. Brannewyn beskryf nie net die invloed van alkoholisme op verhoudings binne gesinsverband nie, maar ook hoe ’n mens deur die Here se genade van dié verslawing verlos kan word. Ander potensiële treffers sluit in Sit die radio aan, As jy moet gaan, Ons lewe wat wag, Val sonder jou, Vlieg oor jou berge en Jy sal dink aan my. Dié album word op ’n hoogtepunt afgesluit deur Ampie se temalied vir die gewilde kykNET-program, Toks en Tjops wat ook as ’n bonus snit daarop ingesluit is.

Ricus Nel verleen met sy meesterlike spel op kitaar, pedal steel, mandolien, banjo en konsertina daardie kenmerkende Nashville klank terwyl addisionele kitare deur Juan Floors Oosthuizen behartig word. Strykinstrumente soos die viole deur Annake de Villiërs, Lizelle de Klerk en Waldo Alexander asook die tjello deur Susan Mouton lewer ’n onontbeerlike bydrae tot die aardse en melodieuse klank van hierdie album.

Bosveld Blues wat met sy innoverende klanke daarin slaag om ook in Afrikaans aan die reeds gewilde country-pop musiekstyl reg te laat geskied, beloof beslis om baie nuwe aanhangers vir Ampie te werf. Alhoewel bepaalde tematiese ooreenkomste met sy vorige twee albums te bespeur is, beskik dit nietemin oor die potensiaal om sy stempel hard en duidelik op die plaaslike musiekbedryf af te druk. Dié veelsydige album met sy humoristiese en soms peinsende of selfs bemoedigende aanslag sal aanklank vind by enigeen wat al die soet en die suur van die lewe gesmaak het.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.