Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Marcato: Vrede Vir Almal…
Resensies

Marcato: Vrede Vir Almal…

Leoné Prinsloo27 Maart 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Legato Records (2018)

[yasr_overall_rating]

Marcato se tweede album, Vrede vir almal… wat onlangs bekend gestel is, beloof om hulle aanhangers met ’n splinternuwe klank en introspektiewe lirieke sowel as ’n stewige dosis sosiale kommentaar te verras. ’n Uiteenlopende verskeidenheid van temas soos identiteit, vriendskap, verhoudings, geldgierigheid, misdaad, oorlog, droogte en besoedeling word op dié album aangespreek deur ’n alomteenwoordige derdepersoonsverteller wat op al tien die snitte aan die woord is. Dit volg na die sukses wat Marcato aanvanklik as ’n drieledige groep oor die afgelope tien jaar reeds met hul debuutalbum, When his whistle blows bereik het.

Die titelsnit, Vrede vir almal… beklemtoon dat mense ten spyte van al die lewe se uitdagings slegs vrede sal kan vind deur hoop uit die verlede vir die hede sowel as die toekoms te put.

Die eerste enkelsnit vanaf dié album, Silhoeëtte beskryf algehele verlatenheid waartydens mense met die foute van hul verlede gekonfronteer word as een van hul heel diepste vrese. Land van Sand is ’n aangrypende ballade wat ’n soldaat se verlange na sy geliefde gebruik om die sinneloosheid van die destydse Grensoorlog te beklemtoon. Bom in die nag wat ’n intertekstuele verwysing na Vier Seisoene Kind bevat, maak van dié gewilde Gian Groen treffer as ’n metafoor van hoop teen die Kaapse droogte gebruik. Ander potensiële treffers sluit in Staan net by my, Jy’s die een, Maak dit tel en Sal ek.

Jake Odendaal van Maven Productions se ferm regisseurshand is baie duidelik hoorbaar in die produksie, finale meng en programmering van dié alternatiewe album. Al die musikante, Pieter Marcato op kitaar, Ben van Zyl op kitaar en klavier, Jerry Spangenberg op elektriese kitaar, Erik Swart op baskitaar en Euan Nel op dromme toon ook almal uitsonderlike talent. Die oorhoofse tema is die kontras tussen lig en donker oftewel goed en kwaad waarin die mens hom- of haarself te midde van sy voortdurende soeke na vrede, geluk en liefde bevind.

Hierdie kontras vind met die straatlig se verligting teen die onheilspellendheid van algehele donkerte ook neerslag in die byna skilderagtige album omslag. Die rotsformasie waarop die  vyf lede met hulle peinsende gesigte hoog bo in die lug sit, suggereer nie net die mens se verganklikheid nie, maar tref ook ’n duidelike onderskeid tussen hemel en aarde. Die wit duif wat dien as ’n simbool van die vrede wat hulle vir almal  in die titelsnit toewens, is vreesloos en vry in die hemel terwyl diegene op aarde bekommerd en bedruk lyk.

Vrede vir almal… bied ’n interessante samevoeging van folk, country en bluegrass asook akoestiese rock style wat onwillekeurig aan die klanke van Mumford & Sons sowel as Bob Dylan en Cold Play herinner. Marcato wat na die  Italiaanse musikale term vir die betekenis van ’n klem op note verwys, lewer beslis ’n belangrike bydrae tot die effens beperkte aanbod van alternatiewe Afrikaanse musiek. Dié album wat nie maklik binne enige vooropgestelde boksie pas nie, sal ongetwyfeld aanklank vind by enigeen met die behoefte om die status quo van die moderne hedendaagse samelewing te bevraagteken.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.