Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Len Muller: Oog Van Die Storm
Resensies

Len Muller: Oog Van Die Storm

Leoné Prinsloo19 Oktober 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Kanada Records (2017)

[yasr_overall_rating]

Len Muller se tweede album, Oog van die storm wat vroeër vanjaar bekend gestel is, bied inspirerende en bemoedigende musiek met ’n baie sterk geestelike ondertoon. Sy unieke en byna uitdagende liriekgedrewe aanslag wat as Afrikaans-akoesties bestempel kan word, spreek van ’n onopgesmukte eerlikheid waarby die meeste luisteraars ongetwyfeld aanklank sal kan vind. Dié persoonlike album volg op die sukses van sy debuutalbum, Doodgewone Avontuur, waarvan die enkelsnit, Smag Na Jou, op die klankbaan van die romantiese komedie, Strikdas, gebruik is.

Die moderne omslag ontwerp deur Ivann Pieterse van Fathom Media waarop Len in teenstelling tot die wasige agtergrond in fokus staan, is die bewys dat hy inderdaad in staat was om te kon uitstyg bo die storm waarin hy homself op dié album bevind. Alhoewel die meeste liedjies op die album oudergewoonte deur Len self geskryf is, het hy drie daarvan ook saam met sy vrou, Chanél Muller geskryf. Die ander mede-skrywers sluit in Roan van As en Faraway George sowel as Mynhardt Smit wat ook vir die treffer, Iets om in te glo, op sy debuutalbum verantwoordelik was.

Die titelsnit, Oog van die storm, is ’n introspektiewe liedjie wat die versekering bied dat God se hand jou altyd veilig en kalm sal hou ongeag die onbekende warrelwind wêreld waarin jy jouself ook al mag bevind. Ek Glo is ’n opgewekte liedjie wat as ’n uitnodiging dien aan luisteraars om die nodige geloofspronge te neem om dit te kan doen wat hulle geroep is om te doen. Sing vir Sente vertel van al die opofferings wat Len en sy mede-skrywer moes maak nadat hulle albei hul werke bedank en stad toe getrek het om voltyds in die musiekbedryf te kon werk. Sweef verduidelik dat die tyd nou uiteindelik vir die Afrikanernasie aangebreek het om bo sy tragiese verlede uit te styg deur die negatiewe in die positiewe te omskep. Ander potensiële treffers sluit in Ons is een, Vrede, Sterrewals en Totsiens. Len beïndruk met sy opgewekte, ritmiese vertolking van die tydlose treffer, Die Gang, waarmee hy graag aan die legendariese Laurika Rauch hulde wil bring. Amsterdam waarop hy kragte saamgesnoer met Dan Patlansky en Dave Ferguson om ’n oorspronklike Afrikaanse liedjie in egte Blues styl tot stand te bring, is egter een van die heel grootste verrassings op die album.

Dié album spog met uiteenlopende instrumente insluitende akoestiese kitaar, banjo, mondfluitjie en tjello deur musikale meesters soos Jason Moser, Dean Henning, Dan Patlansky, Dave Ferguson en Raldo Mattheus. Die vervaardigers, Gideon Botes en Francois de Klerk was vir die verwerkings van die meer kontemporêre sowel as die meer alternatiewe liedjies onderskeidelik verantwoordelik.

Oog van die storm bied weereens nes sy voorganger eindelose stof tot nadenke oor die lewe en die liefde aan sy luisteraars. Alhoewel soortgelyke temas en kwessies ter sprake kom, word daar egter met nuwe klanke en style geëksperimenteer wat dit ’n verfrissende luisterervaring maak. Len Muller se betekenisvolle lirieke op die maat van akoestiese ritmes sal beslis aanklank vind by enigeen op soek na nuwe hoop.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.