Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Innibos 2017: Minibos-makietie
Feeste

Innibos 2017: Minibos-makietie

Redaksiespan4 Mei 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die aftel na Innibos begin Vrydag, 19 Mei met die jaarlikse programbekendstelling, en gratis konsert by Hoërskool Bergvlam. Kurt Darren en Die Campbells is die kunstenaars wat vir die wysies gaan sorg waarop die vlugvoetiges hul danspassies kan uithaal op ’n lekker groot dansvloer onder die sterre. Pieter Koen is ook daar om te sorg dat daar nie ’n vervelige oomblik sal wees nie.

Kurt Darren
Pieter Koen

Die manne en vroue met die tange in die hande moet ook regstaan, want daar gaan (weer) gebraai word. Dié keer nie om die wêreldrekord vir die meeste braaiers te verbeter nie, maar om die Laeveldse braaikoning(in) aan te wys. Boonop gaan niemand anders nie as Jan Braai die topbraaier van die aand aanwys, dus sal daar behoorlik uitgehaal en gewys moet word.

Of jy nou graag jou maatskappy of saam met ’n klomp pêlle wil inskryf, sorg dat die bobaasbraaier onder die lot is want sy of haar vleisie gaan beoordeel word. Die braaiers word in 28 “braaihokke” ingedeel waar almal kan saamkuier en waar beoordelaars tussen 18:00 en 19:00 die vier finaliste sal aanwys. Hulle sal dan hulle slag onder die wakende oog van Jan Braai op die kole moet wys.

Jan Braai

Die Laeveld-braaikoning(in) word om 21:00 aangekondig en slaan ’n vuurwarm prys los. Nóg groot pryse kan gewen word as jy jou in die rooiste rooi tooi vir die makietie. Daar is geen spesifieke tema buiten die kleur nie, maar die anonieme beoordelaars sal deur die loop van die aand deur die skare beweeg om te bepaal wie almal beloon sal word vir hul kreatiwiteit en feesgees. Is jý dalk die Laeveld se Rooirokbokkie?

Die gedrukte Innibos-feesprogram word dié aand vir die eerste keer beskikbaar gestel met alles wat jy wil weet oor hoe Innibos vanjaar ’n stappie verder gaan. Weekkaartjies vir toegang tot die feesterrein sal teen ’n afslagprys van R400 verkoop word. Jy kan dus ’n volle R100 spaar.

So, kom skud jou biscuit, sokkie tot laatnag en warm solank op vir Innibos 2017!

Registrasievorms vir die braaikompetisie kan gekry word by Alison Linde van Innibos. Stuur gerus ’n e-pos aan alison@innibos.co.za of skakel 013 741 5294. Inskryfgeld is R500.

Bly hier ophoogte van die jongste Innibos-nuus!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza
Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’
SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.