Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Klein Karoo Klassique

Groter musiekprogram by negende Klein Karoo Klassique

Redaksiespan4 Mei 2017
Visser Liebenberg (klarinet)
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

“Verskeidenheid, waarde vir geld en meer uitvoerings is aan die bod in die negende uitgawe van Klein Karoo Klassique, wat van Vrydag, 11 tot Sondag, 13 Augustus aangebied word,” sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, wat hierdie fees op Oudtshoorn aanbied.

“Danksy finansiële ondersteuning van die Rupert Musiekstigting is dit vir ons moontlik om kaartjiepryse dieselfde as in 2016 te hou én om vanjaar agt, teenoor verlede jaar se sewe, uitvoerings aan te bied,” sê Snyman.

“Kaartjies is van Vrydag, 5 Mei beskikbaar en feesgangers moet gou speel om die winskoop pakket, wat altyd blitsvinnig uitverkoop, te bekom. Dié pakket van R700 bied toegang tot al agt uitvoerings, teen ’n gemiddelde prys van R87,50 per uitvoering. Sou kaartjies na uitvoerings apart gekoop word, sal dit R1,000 kos. Die pakket bied ’n stewige besparing van R300,” sê sy.

Die negende Klassique skop af met die dubbel SAMA-bekroonde kitaarduo, CH2 (Corneille Hutten en Dirkie van Staden). Hulle speel klassieke meesterstukke van Tárrega, Rodrigo, Bach, hul eie flamenco-styl komposisies en ook verwerkings van Afrikaanse treffers soos Tussen treine en Vyfster.

CH2 (Corneille Hutten en Dirkie van Staden)

Saterdag se program begin met Vivaldi se Vier Seisoene Herbesoek. Petrus de Beer (viool), Stanislav Angelov (trekklavier) en Schalk Joubert (baskitaar en voordrag) verwerk Vivaldi se tydlose meesterstuk, sonder bystand van ’n strykorkes, waarvoor dit oorspronklik gekomponeer is. Die sonnette is spesiaal deur dr. Dawid de Villiers uit Italiaans in Afrikaans vertaal.

Petrus de Beer (viool), Stanislav Angelov (trekklavier) en Schalk Joubert (baskitaar en voordrag)

Daarna speel die Camerata Tinta Barocca met Bridget Rennie-Salonen (traverso), Jesse Groenewald (barokviool), Uwe Grosser (teorbe en barokkitaar), Cheryl de Havilland (baroktjello) en Erik Dippenaar (spinet) ’n program van barokmusiek. Folk Baroque word uitgevoer op outentieke barokinstrumente en sluit musiek van Barsanti, Geminiani, Scarlatti en Gow in.

Bridget Rennie-Salonen (traverso)
Jesse Groenewald (barokviool)
Uwe Grosser (teorbe en barokkitaar)
Cheryl de Havilland (baroktjello)
Erik Dippenaar (spinet)

In Alleenstryd bring Minette du Toit-Pearce (mezzo-sopraan), Lauren Dasappa (sopraan), Jolene McCleland (mezzo-sopraan), José Dias (klavier) en Visser Liebenberg (klarinet) hulde aan Hendrik Hofmeyr, wat vanjaar 60 word. Die samestelling en voordrag word deur Niël Rademan behartig. Hofmeyr maak ’n gasoptrede. Alleenstryd bied ’n klein blik op die vokale komposisies van dié musikale reus.

Minette du Toit-Pearce (mezzo-sopraan)
Lauren Dasappa (sopraan)
Jolene McCleland (mezzo-sopraan)
José Dias (klavier)
Visser Liebenberg (klarinet)

Saterdag se program word afgesluit met Carmen – in die kleine, ’n konsertweergawe van een van die gewildste operas in die klassieke kanon, spesiaal vir Klassique gereduseer tot ’n uurlange werk, sonder om die integriteit van die oorspronklike stuk in te boet. Al die hoogtepunte word chronologies voorgedra met sangers wat meer as een rol vertolk. Op die verhoog is Jolene McCleland (mezzo-sopraan), Lauren Dasappa (sopraan), Minette du Toit-Pearce (mezzo-sopraan), Chris Mostert (tenoor), Niël Rademan (bariton) en Raimondo van Staden (bariton). José Dias behartig die klavierbegeleiding.

Jolene McCleland (mezzo-sopraan)
Lauren Dasappa (sopraan)
Minette du Toit-Pearce (mezzo-sopraan)
Chris Mostert (tenoor)
Niël Rademan (bariton)
Raimondo van Staden (bariton)
José Dias (klavier)

In Spieël-dans in die maanlig, Sondagoggend, kombineer Jana van der Walt (harp) en Rina Schutte (tjello) twee gunsteling instrumente vir ’n program met uiteenlopende musiek. Hulle speel onder meer Pärt se Spiegel in Spiegel, Piazzolla se Oblivion, Clair de Lune van Debussy, Bach se Arioso en Gounod se Ave Maria.

Jana van der Walt (harp)
Rina Schutte (tjello)

Beethoven Tango spreek tot die ondersoekende musikale palet en kombineer die verfynde kwaliteit van Zanta Hofmeyr (viool) se klassieke tegniek, met die improvisasie toorkrag van Charl du Plessis (klavier). Hul program bring die vuur van tango-ritmes, wêreldmusiek, jazz en Beethoven byeen en sluit onder meer ’n tango-verwerking van die bekende Für Elize, in.

Zanta Hofmeyr (viool) en Charl du Plessis (klavier)

Die ATKV Afsluitingskonsert is oudergewoonte ’n toonvenster vir die room van Suid-Afrika se jong klassieke musici. Megan-Geoffrey Prins (klavier) was in 2016 die wenner van ATKV-Muziq, Tatiana Thaele (fluit) die naaswenner van dié kompetisie en Palesa Malieloa (sopraan) die 2016-wenner van ATKV-Muziqanto. Thaele en Malieloa word deur Philippus Hugo op klavier begelei.

Megan-Geoffrey Prins (klavier)
Tatiana Thaele (fluit)
Palesa Malieloa (sopraan)
Philippus Hugo

“Al agt uitvoerings word in die NG Moederkerk op Oudtshoorn aangebied. Die area rondom die kerk word ingerig met ’n restaurant, CD-winkel en proe-ervarings uit die kontrei. Meer inligting hieroor word binnekort bekendgemaak,” sê Snyman.

Kaartjies na uitvoerings kos R125 elk en is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home. Meer inligting oor Klein Karoo Klassique sal binnekort op die fees se nuwe webblad by www.klassique.co.za beskikbaar wees.

Vir meer inligting volg Klassique op Facebook of Twitter.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.