Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Resensies

Ruan Josh: Eggo

Leoné Prinsloo19 April 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Juanita Records (2017)

[yasr_overall_rating]

Ruan Josh, beter bekend as Ruan du Plessis se lang verwagte debuutalbum, Eggo het die plaaslike musiekmark behoorlik aan die gons nadat dit verlede maand uiteindelik vrygestel is. Hierdie uitreiking is voorafgegaan deur sy eerste enkelsnit, Toevallig, waarvan die musiekvideo reeds deur meer as 25 000 mense op YouTube gekyk is. Die oudste seun van die immergewilde Juanita du Plessis het bekendheid verwerf deur die afgelope drie jaar reeds as agtergrondstem by verskeie groot geleenthede soos Afrikaans is Groot en Innibos se hoofverhoog op te tree.

Die moderne album omslag deur Marlette Kruger waarin verskeie skakerings van blou gebruik word om sy nuutgevonde verhoognaam bo-oor ’n glimlaggende foto van hom te posisioneer, skep ’n ietwat byderwetse voorkoms. Juanita en Stass was die ervare regisseurs aan die stuur van hierdie album wat ook die finale meng daarvan behartig het. Sy ma, Juanita en sy suster, Franja asook Johan Oberholzer, Rudi Claase en Stass was vir die liedjies op hierdie album verantwoordelik terwyl Ruan hier en daar ook met van die snitte se lirieke hand bygesit het.

Die titelsnit, Eggo, maak van die eeu-oue liefdestema gebruik as ’n metafoor om ’n belangrike lewenswaarheid oor te dra waarvolgens ’n mens altyd dit wat jy uitdeel ook weer terug sal kry. Toevallig waarvan die melodie vir dae aaneen in jou kop sal bly vassteek, vertel hoe liefde wat onverwags tussen twee mense ontwikkel nietemin bedoel was om te wees. Die meesleurende ballade, Gisteraand beskryf hoe ’n persoon die vorige aand saam met sy/haar geliefde tot in al die fynste besonderhede herleef. Die twee duette saam met Franja, Ek wil lewe en Jy skuld my ’n dans is albei gewaarborgde treffers in eie reg waarmee hulle ongetwyfeld hul aanhangers se harte gaan steel. Ander potensiële treffers sluit in Wees my een, Iewers het ek jou verloor, Dra jou in my hart, Loop soos Stroop, Boer maak ’n plan en Steeds bymekaar. Ruan se vertolkings van Simon and Garfunkel se inspirerende treffer, Bridge over troubled water sowel as Matt en Beth Redman se gewilde aanbiddingslied, Never let go is beslis ook ’n aangename verrassing.

Dié album spog met uiteenlopende klanke wat deur ’n verskeidenheid instrumente, insluitende akoestiese-, elektriese- en baskitaar asook klavier, mandolien, banjo en papoose gegenereer word. Van ons land se top musikante soos Stass, Juan (Floors) Oosthuizen, Denny Laloulette en Matthys Maree was vir hierdie produksie verantwoordelik. Juanita, Franja, Stass, Nathan Winckler en Francois Lessing se uitmuntende verwerkings en programmering verseker verder dat die klank op hierdie album deurgaans van ’n baie hoë kwaliteit is.

Eggo beloof om in egte Du Plessis-styl ’n verfrissende kombinasie van pop- en country klanke aan luisteraars te bied. Alhoewel Ruan se musikale styl baie sterk aan die van sy ma herinner, slaag hy tog met sy rasperstem daarin om ’n nuwe dimensie aan haar beproefde suksesresep te kan verleen. Sy betekenisvolle sowel as prettige lirieke op die maat van aansteeklike ritmes en melodieë sal beslis aanklank vind by enigeen wat al liefde gevind en ook weer verloor het.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.