Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Classics is Groot is terug!

Redaksiespan14 Maart 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Tydens Afrikaans is Groot 2016 kon gehore in ’n neutedop ’n aptytwekker kry van die nuutgevonde produksie Classics is Groot. Die reaksie was oorweldigend en die Nederlandse kinderster Amira het harte gesteel. Selfs Jannie Moolman se uitvoering van Kalinka, en natuurlik Touch of Class se weergawe van Sound of Silence het gehore se asems weggeslaan, met Ruhan se uitmuntende vertolking van hierdie klassieke pop-treffer.

Die goeie nuus is dat Classics is Groot terug is in Pretoria op 23 en 24 Junie 2017 met musiekoomblikke, en items wat jou na jou asem gaan laat snak. ’n Uitreksel uit The Phantom of the Opera, Elvis Presley se klassieke American Trilogy, Pie Jesu en Queen se klassieke The show must go on, is maar net van die betowerende oomblikke wat wag.

Dis ’n kleurvolle viering van musiek – van ikoniese pop-treffers tot legendariese klassieke werke.


Nóg goeie nuus is dat die Nederlandse sangsensasie, Amira en die fantastiese Touch of Class weereens die verhoog sal deel met die geliefde en uiters talentvolle Corlea Botha en Jannie Moolman wat vir vele hoendervleis-oomblikke wat jou gaan laat glimlag, die trane laat loop en vir warm harte gaan sorg.

Ook op die verhoog is die Amerikaanse sanger Joseph Clark, bekend vir sy uitmuntende vertolkings van Freddie Mercury se Queen at the Opera, die gewilde Tarryn Lamb (van die sanggroep Blackbyrd), en vir die eerste keer in ’n langtyd sal die superduo Coleske wat in die 90’s bekend was vir wêreldtreffers soos My Only en Take me where the sun is shining weer lewendig gesien word met hul ongelooflike harmonieë.

’n Hoogtepunt wat ’n eerste vir Pretoria-gehore sal wees, is die feit dat die wêreldberoemde Joburg Ballet Company ook te siene sal wees in ’n item, so reg in die kraal van die fynproewer.

Classics is Groot
Moet dus nie hierdie asemrowende geleentheid misloop nie! Met vele groot treffers uit die verlede, ’n wêreldklas simfonie-orkes saam met die bekende Akoestika-koor, en van die beste plaaslike en internasionale stemme, beloof Classics is Groot om jou op die voorpunt van jou stoel te hou.

Kaartjieverkope open Donderdag, 16 Maart om 10:00 en sal beskikbaar wees by TicketPro. Kaartjiepryse wissel van R350 tot R625.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.