Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Jo Black: ’n Nuwe naam om dop te hou op die Afrikaanse musiektoneel

Fanie Nel Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

Enige sanger droom daarvan om ’n suksesvolle sangloopbaan te bou. Jo Black is die uitsondering. Want die man het meer as genoeg ervaring in bou. Vir 8 jaar lank was hy in konstruksie – paaie, brûe, skole en huise. Toe begin hy sy eie inisiatief met die naam “Be That Guy” wat kinders regoor die land help bou het aan ’n positiewe ingesteldheid. Nou begin hy bou aan sy sangloopbaan.


Die Pretoria-Noord boorling se eerste liedjie met die titel Skepe word op 25 November op iTunes en Apple Music bekendgestel. Boonop lê hy sommer ook ’n sterk fondasie deur die video op dieselfde dag op YouTube vry te stel.

Skepe is deur Jo homself saam met Johan Vorster en Christoph Kotzé geskryf en is in sy eie woorde “’n Lied wat ek hoop mense sal inspireer om aan te gaan, op te staan en ’n verskil te gaan maak. Dit maak nie saak waar jy in jou lewe is nie, dis nooit te laat om jou kop op te tel en vorentoe te gaan nie. Dis ‘n lied wat met jou siel moet praat meer as wat dit vir jou ore bedoel is. Hopelik kry elkeen ‘n stukkie hoop hieruit.”


Skepe is ook net die eerste tree van baie wat Jo gaan gee in die vermaaklikheidswêreld. Hy is reeds besig met die afrondingswerk aan sy eerste vollengte album saam met die gesoute Inhoud Huis span en die finale produk beloof om vol inspirasie en lekker ligte luistermusiek te wees.


As jy intussen meer oor die belowende nuwe stem wil uitvind, bly op hoogte deur hom op Instagram te volg of Twitter.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.