Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»KYK: Francois van Coke se splinternuwe musiekvideo
Nuus

KYK: Francois van Coke se splinternuwe musiekvideo

Fanie Nel10 November 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Francois van Coke het Donderdagoggend sy splinternuwe musiekvideo eksklusief op die aanlynwebblad, Channel24 vrygestel.

Dié video is vir sy jongste enkelsnit, Mensdom, vanaf sy splinternuwe album, Hierdie Is Die Lewe.

Hierdie Is Die Lewe tref die winkelrakke op 2 Februarie 2017.

“Hierdie Is Die Lewe handel oor die lewe, die goed, die sleg, liefde en haat, die verlede, die toekoms en die hede,” sê Francois.

Hierdie album is die voorloper ná die uitreiking van sy suksesvolle en bekroonde debuut-album en kan gesien word as ’n momentopname waar Francois in sy lewe is. Die kenmerkende klanke van die eerste album sal ook op dié album wees.

Francois het die album oor ’n tydperk saam met sy orkes, Die Gevaar opgeneem. Hierdie Is Die Lewe is vervaardig deur Johnny de Ridder (Fokofpolisikar kitaarspeler) en Rudolph Willemse (Francois se baskitaarspeler) by Soft Light City in Belville.

“Ek het veral na ouer groepe soos Beach Boys en The Beatles geluister om inspirasie vir my album te kry. Baie van die klanke sal ook in my melodieë gehoor kan word. Daar is ’n paar rock ’n roll liedjies en ’n paar ballades,” sê Francois.

Kyk die musiekvideo hier:

Oor Mensdom sê Francois: “Ons almal het een ding in gemeen – ons lewe, al is alles anders. Die liedjie is oor die lewe en hoe ons lewe met oorwining en verlies.”

Dié video dien ook as ’n aptytwekker vir die album en stel Francois se orkes, Die Gevaar bekend.

Die Gevaar bestaan uit Jedd Kossew (Kitaar), Richard Onraet (Kitaar), Rudolph Willemse (Bass en Produksie), Walter Von Waltsleben (Dromme) and Sheldon Yoko (Dromme).

3fd6d0b955d84aeab9c6a5a923575868

Klik hier om Hierdie Is Die Lewe op iTunes vooraf te bestel.

Mensdom en nóg ’n snit, Klein Prys sal op langspeelplaat by Permanent Record beskikbaar wees.

“Klein Prys word opgera aan Fokofpolisiekar,” sê Francois. Dié plaat sal by vertonings beskikbaar wees en ook aanlyn op Permanent Record se aanlynwinkel.

Aanhangers kan ook so paar van dié datums aanteken.

3048c5790b6f4cb6be2ba98f84ed9c01

Bly ophoogte van Francois se doen en late deur sy webblad te besoek, sy Facebook-blad te like of hom op Twitter en Instagram te volg.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.