Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Marno van der Merwe is terug
Nuus

Marno van der Merwe is terug

Fanie Nel7 November 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die sanger, akteur en TV-aanbieder, Marno van der Merwe, is terug met ’n splinternuwe musiekvideo vir die liedjie, Huil Vir My.

Marno het van dag een af diep spore kom trap in die harte van aanhangers regoor die land. Vandag is dié 31-jarige blondekop ’n gevestigde naam in die vermaaklikheidsbedryf met talle verhoog-, TV- en fliekrolle op sy kerfstok. Hy het ook onlangs TV-aanbieder en solo-kunstenaar by sy, reeds indrukwekkende, CV gevoeg en het nog hope planne en drome vir die toekoms.

Alhoewel hy geen formele teater-opleiding of -ondervinding gehad nie, was dit nog altyd sy droom om mense te vermaak en het hy reeds van jongs af begin gaan vir oudisies. Sy loopbaan het begin vlam vat, toe hy in 2008 uiteindelik ’n rol in ’n Barnyard-produksie losgeslaan het. Dit was so ’n groot sukses dat nog tien produksies daarna gevolg het saam met dieselfde maatskappy. Hierdie ondervinding het hom ook gehelp om voor te berei vir verskeie verhoogproduksies in Pretoria Staatsteater, waaronder Ester (2011), Dawid (2012), Jesus (2013) en Liefling (2013).  

Marno se talent is egter nie net beperk tot die verhoog nie en in 2011 maak hy sy debuut in die kykNET-dramareeks, Hartland, en in 2012 sy buiging op die silwerskerm in die rol van Frank Fouché in die lokettreffer Pretville. “Ek het die rol van Frank vreeslik geniet omdat ek nog altyd daai tipe ding wou doen en Frank het geen beperkings nie. Ek hoop ek kan hom weer eendag speel en met ʼn groter storielyn. Ek dink hy sal altyd ’n kyker-gunsteling wees”, vertel hy trots. Sy indrukwekkende vertolking van die opkomende sanger met psigopatiese neigings in Die Ballade van Robbie de Wee het groot opslae gemaak in 2013 en hom ’n gesogte keuse gemaak onder film- en televisieregisseurs.

Twee jaar daarna kry hy die rol as hoofkarakter, Dillion Pretorius, in die SABC-reeks Roer Jou Voete, wat vir ses maande lank op die kassie was en word hy ook ’n huishoudelike naam as die sanger, Brad Jooste, in die eerste (2014) en tweede seisoen (2016) van die kykNET-reeks Sterlopers. In Sean Else se dramatiese Anglo-Boereoorlog fliek, Modder en Bloed, vertolk hy ook die karakter JJ Ratel Wessels. “Ek is baie trots op dié fliek,” sê Marno, “veral omdat ek nog altyd graag in ’n geskiedkundige storie wou speel. Dat die fliek boonop iets van ons eie geskiedenis vertel, maak dit net ’n groter bonus. Ek hou daarvan om rolle met diepte te speel, wat vir my ʼn uitdaging is en waarmee ek myself kan verryk.”

Marno het ook onlangs sy aanbiederskoen aangetrek vir die kykNET-program, Varsity Sing.

Die eerste enkelsnit, Uitverkoop Aan Ons, is baie goed ontvang en kan gereeld oor die radio gehoor word. Dié liedjie, met musiek en liriek deur Marno, openbaar sy siening oor die liefde.

Kyk hier na sy jongste musiekvideo:

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.