Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Varsity Sing betree die verhoog
Nuus

Varsity Sing betree die verhoog

Fanie Nel14 Julie 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die eerste Varsity Sing, met gasheer Marno van der Merwe, tref kykNET (DStv kanaal 144) se skerms 14 Julie.  Vir die volgende 13 weke kan Suid-Afrikaners vir ‘n musikale bederf gereed maak wanneer Suid-Afrika se top kore kompeteer in ‘n uitdun-kompetisie om uiteindelik as Suid-Afrika se beste koor gekroon te word.

Dié koorkompetisie is ‘n eerste van sy soort, en beloof om die gehoor op ‘n musikale en nostalgiese reis te neem.  Kykers kan ‘n program van die hoogste gehalte, oorspronklike musiek, unieke komposisies en agter-die-skerms aksie wat die storie van elke universiteit vertel, verwag.

Maak gereed om meegevoer te word wanneer kore versoek word om een liedjie uit elke kategorie (Engels, Afrikaans en een traditionele Afrika-taal) te kies.  Deur hierdie unieke en uiters Suid-Afrikaanse kompetisie, bied Varsity Sing vir die kykers diverse vermaak in ‘n taal wat almal verstaan:  musiek.

Die reeks skop af Kaapstad en bring vir ons die talentvolle kore vanaf die Universiteit van Kaapstad, Universiteit van die Wes-Kaap en die Universiteit van Stellenbosch.  Vandaar beweeg dit na Port Elizabeth waar hulle vir die Nelson Mandela Metropolitan Universiteit, Rhodes Universiteit en Tshwane Universiteit van Tegnologie die kans gee om op te tree vir ‘n plek in die semi-finaal.  Johannesburg is volgende, met die Universiteit van Johannesburg, Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Limpopo op die verhoog, voor die eerste ronde afsluit in Bloemfontein met die Universiteit van die Vrystaat, Sentrale Universiteit van Tegnologie en die Vaal Universiteit van Tegnologie wat ook gaan spook vir hulle plek in die semi-finaal.  Slegs twee universiteite per rondte sal deurdring na die semi-finaal toe.  Twee semi-finale van vier spanne sal plaasvind en die top twee universiteite in elke semi-finaal sal uiteindelik deurdring na die Varsity Sing finaal.

Die finaal sal ‘n regstreekste uitsending wees, met die kykers by die huis wat vir hulle gunsteling koor op die Varsity Sing toep kan stem.

Daar sal vier glans-beoordelaars by elke vertoning wees.  Die drie gereelde beoordelaars en koor-spesialiste, Loyiso Bala, Christo Burger en Marvin Kernelle word elke ronde bygestaan deur ‘n gasbeoordelaar wat op die ou einde ‘n paneel van vier beoordelaars opmaak.  Bly elke week ingeskakel vir wanneer ‘n bekende musikant die soektog na Suid-Afrika se voorste universiteitskoor betree.

Bala lewer kommentaar op die eerste rondtes van optredes:  “Ek was geheel-en-al vermaak, en as hierdie die standaard van die kompetisie gaan wees is ons in vir ‘n ongelooflike tyd! “

Varsity Sing word op kykNET (DStv kanaal 144) elke Donderdagaand om 20:30 vanaf 14 Julie 2016 uitgesaai.  Die regstreekse finaal vind die 13de Oktober 2016 plaas.  Vir die volle Varsity Sing skedule, gaan na www.varsitysports.co.za. Volg ook al die drama en gesprekke op sosiale media op Facebook, Twitter, Instagram en gebruik die hutsmerk #VarsitySing.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.