Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Resensies

Dewald Wasserfall: Jy Is Die Storm

Leoné Prinsloo31 Oktober 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Inhoud Huis Musiek (2016)

[yasr_overall_rating]

Dewald Wasserfall trek ’n splinternuwe baadjie aan op sy derde solo-album wat in Augustus vanjaar vrygestel is, met ’n effens minder ernstige aanslag as waarvoor hy oorspronklik bekend geword het. Dit volg op die suksesvolle hakke van Vergeet wat Jy weet van Liefde sowel as Ek en Jy wat ’n Huisgenoot Tempo, Ghoema- en SAMA-toekenning verower het. Jy is die storm is nes sy voorgangers die draer van hoop, maar hierdie keer wel op ’n heelwat ligter noot as gewoonlik.

Eie aan Dewald se styl is daar weer ’n hele paar treffende ballades oor verlore liefdes soos ’n Jaar na September, As jy iemand liefhet, Jy was reg, Laat die lig inkom en Die ander kant van liefde. Masjiene lewer skerp kritiek op die talle uitdagings wat die hedendaagse, moderne, tegnologiese era dikwels aan verhoudings bied. 1 000 Kerse is Dewald en Karlien van Jaarsveld se opvolg duet na die gewilde My Hart se Hongersnood op sy debuutalbum.

Die titelsnit, Jy is die storm dien as bemoediging vir die luisteraars dat hulle moeilike omstandighede en uitdagings in hul lewens kan trotseer en uiteindelik oorwin. Die album omslag waarop die donker wolke in die agtergrond saampak en die donderstrale rondom Dewald se kop blits, dien as ’n onbetwisbare visuele voorstelling van hierdie belangrike boodskap. In Weg van die Ligte bied hy ’n gestroopte blik op die dikwels ontstuimige lewe van bekendes agter die skerms van die vermaaklikheidsbedryf.

Dewald verras met ’n paar meer lighartige nommers soos Altyd Jonk Bly en Brandewyn Weg van Beautiful waarop sy gehore lekker sal kan kuier. Laasgenoemde vertel die staaltjie van daardie alombekende ou in die kroeg wat na ’n paar drankies ’n bietjie meer spesiaal as gewoonlik voel. Hy het ook sy hand gewaag aan die gewilde Aidos Old Friend wat oorspronklik deur Brett Eldredge en Kim Trebble op die musiekprogram, Nashville uitgevoer is.

Dewald het weereens omtrent die helfte van die dertien snitte op hierdie album alleen geskryf terwyl die res daarvan in samewerking met Johan Vorster en Christoph Kotzé geskryf is. Die kitaarmeester, Danny Smoke het die produksie, vervaardiging en verwerkings behartig terwyl Murray Lubbe vir die finale meng daarvan verantwoordelik was. Juan (Floors) Oosthuizen, Danny Smoke, Vinnie Henrico, Brendan Ross, Elben Schutte en Mathys Maree is van die veel bekroonde musikante wat op Jy is die storm gehoor kan word.

Alhoewel dié album ten opsigte van produksie geensins vir sy twee voorgangers hoef terug te staan nie, kry ’n mens ongelukkig die indruk dat die besondere diepte van hulle lirieke tog wel plek-plek hierop ontbreek. Die ligter trant wat dit volg, behoort nietemin vir hierdie rasperstem ’n splinternuwe groep aanhangers te verseker sonder om die liefhebbers van sy dieper, meer liriek gedrewe aanslag heeltemal te vervreem. Jy is die storm met sy onderliggende tema van hoop sal ongetwyfeld as inspirasie kan dien vir enigeen wat al donker en onseker tye in hulle persoonlike sowel as professionele lewens beleef het.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.