Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Resensies

Franja du Plessis: My Verhaal

Leoné Prinsloo9 September 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Juanita Records (2016)

[yasr_overall_rating]

Die 22-jarige Franja du Plessis het die plaaslike musiekbedryf behoorlik storm geloop met haar debuutalbum, My Verhaal wat onlangs vrygestel is. Haar eerste enkelsnit vanaf die album, Stad van verlange is sonder twyfel ’n wegholtreffer wat binne die eerste twee maande na sy vrystelling reeds deur meer as 200 000 mense op YouTube gekyk is. Die dogter van Afrikaanse musiek se platinumprinses, Juanita du Plessis het die afgelope drie jaar bekendheid verwerf waar sy tydens verskeie groot geleenthede die verhoog met haar ma gedeel het.

Die eenvoudige dog stylvolle album omslag deur Marlette Kruger en haar ouer broer Ruan du Plessis waarin sy direk na die luisteraar kyk, getuig van ’n eerlike album sonder fieterjasies. Franja toon uitsonderlike skryftalent met al sestien oorspronklike snitte wat uit haar eie pen kom, iets wat selfs min gevestigde Suid-Afrikaanse kunstenaars haar sal kan nadoen. Sy het as medeskrywer van Kaalvoetkind, Om jou pinkie, Aan hou om aan te hou en Hou op soek op Juanita se vorige twee albums reeds haar skryfvaardighede geslyp.

Die titelsnit, My Verhaal dien heel gepas as ’n uitnodiging aan die luisteraar om Franja se lewensverhaal deur middel van al haar liedjies beter te kan leer ken. Die soet en die suur van verhoudings word albei binne die oorhoofse liefdestema van hierdie album aangespreek. Stad van verlange wat ongetwyfeld vir dae lank in jou kop sal bly vassteek, vertel die verhaal van onbeantwoorde liefde wat na afloop van baie jare weer herroep word. Die meesleurende ballade, Regte een vertel die verhaal van elke mens se soeke na ’n lewensmaat en ’n sielsgenoot waarmee almal sal kan identifiseer. ’n Beter Plek hoop om vertroosting te bied almal wat al ooit ’n geliefde aan die dood moes afstaan en om hulle te help om daarin berusting te vind. Ander potensiële treffers sluit in Ek kan nie ophou kyk, Dra jou hart, Kom klim nou uit, My gunsteling en Mooier as ’n mens. Die album bevat verder ook die lied, In twee geskeur wat spesiaal deur Franja geskryf is vir die musiekrolprent, As jy sing waarin sy die rol van Marna de Jager vertolk het.

Hierdie album wat deur betekenisvolle lirieke sowel as aansteeklike ritmes gekenmerk word, bied ’n groot verskeidenheid liedjies wat ewe goed op die lang pad en die dansbaan ontvang behoort te word. Dit is hoofsaaklik aan Juanita du Plessis, Juan (Floors) Oosthuizen, Murray Lubbe, Stass en Nathan Winckler se uitstekende vervaardiging, verwerking en programmering te danke.

My Verhaal bied ’n unieke mengsel van pop- en country musiek wat plek-plek ’n bietjie aan die moderne aanslag van die Amerikaanse sangsensasie, Taylor Swift herinner. Alhoewel Franja se stem besondere sterk ooreenkomste met die van haar ma toon, het sy egter reeds met haar debuutalbum daarin geslaag om vir haarself ’n onafhanklike musikale identiteit te skep. Die inhoud daarvan beloof om ’n verfrissende nuwe klank na die Afrikaanse musiektoneel te bring wat beslis vir haar ’n nuwe generasie aanhangers sal waarborg.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.