Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»SA Diva Spectacular Show»Bekende vroue sing vir hoop in nuwe konsert
SA Diva Spectacular Show

Bekende vroue sing vir hoop in nuwe konsert

Redaksiespan2 April 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Corlea Botha, Nádine, Liezel Pieters, Jennifer Jones, Vicky Sampson en Monique Steyn word ongetwyfeld as van die top vroulike kunstenaars in ons land beskou. Hierdie ses vroue met hulle uiteenlopende, maar kragtige stemme gaan op 23 Augustus 2020 hulle talente kombineer en in samewerking met Entertainment & Events Factory bring hulle die SA’s Diva Spectacular Show na die Sun Arena in Pretoria!

Met dié vertoning bring hierdie vroue ’n boodskap van hoop vir Suid-Afrika. ’n Boodskap wat Suid-Afrika in vandag se tyd kan herening, spesifiek omdat vroue so uiters belangrike rol in die lewens van kinders, mans en die wêreld in tye soos hierdie speel.

Wat hierdie inisiatief nóg meer spesiaal maak, is dat die President Kruger Kinderhuis deel vorm hiervan en ook teenwoordig sal wees. 70% van die fondse wat geïn word, sal aan hulle geskenk word.

Volgens Rex van Deventer, direkteur van Entertainment & Events Factory, het hy al twee jaar die idee om hierdie kunstenaars byeen te bring vir ’n konsert. “Ek is opgewonde om hierdie massiewe sterk konsep vir Suid-Afrika aan te bied, veral ook met die soeklig op vrouebemagtiging en die ondersteunende rol wat vroue vir ons land en sy kinders bied. Ek dink die waarde van hierdie ses dames gaan dit ’n suksesvolle produksie maak om te onthou.”

Corlea sê sy is bitter opgewonde oor hierdie konsert en glo dit gaan iets wees om te aanskou! “Ons het almal grootgeword met dieselfde musiek en styl, so dit gaan interessant wees om die balans te vind tussen ons ses, maar wanneer ons dit regkry, gaan dit ongelooflik wees. Ek het so baie respek vir die vrouens, almal het iets totaal uniek wat hulle na die tafel toe bring. Ek kan nie wag om te sien hoe die mense dit gaan ervaar wanneer die ses van ons saam op die verhoog is nie.”

Liezel Pieters vertel dit neem baie goeie beplanning en deursettingsvermoë om so ’n produksie aanmekaar te sit, maar om saam met dames van hierdie kaliber te werk vergemaklik die proses. “Dit is ’n gulde geleentheid om deel te wees van die produksie, my passie is om te sing en op die verhoog te wees. Om ’n verhoog te deel met sulke ongelooflike kunstenaars, gaan net ’n plesier wees.”  

Jennifer Jones is net so opgewonde!  “Ek kan nie wag om die verhoog met daardie fantastiese SA Divas te deel en hoop vir ons land te bring nie! Ek is OPGEWONDE… EXCITED… KAN NIE MEER WAG NIE!”

Nádine sê wanneer jy in hart en siel ’n kunstenaar is en jy iets met mense wil deel, is dit iets wat jou dryf wanneer jy moeg is, wat jou inspireer en opgewonde maak. “Dis ’n onverklaarbare en onbeskryflike ding om lewendig op die verhoog te staan en jy weet jy is ’n kunstenaar in murg-en-been en op daardie oomlik kán jy dit doen en dit werk so goed. ’n Mens maak en neem herinneringe en uitstaan-oomblikke saam met ’n klomp vroue en dis ’n fantastiese geleentheid. Dit wat die gehoor gaan sien sal ’n een-keer-in-’n-leeftyd geleentheid wees en jy weet vandag se liedjie is die eerste en heel waarskynlik die laaste keer wat dit só vertolk sal word.”

Op haar beurt meen Vicky Sampson dat elkeen van hulle in hul eie kapasiteit sterk kunstenaars is, maar sy glo dat wanneer hulle saam op daardie verhoog gaan verskyn gaan daar vuurwerke wees! “Ek is so trots om deel te kan wees van hierdie geleentheid. Dit is wonderlik om te kan verenig met ander vroulike kunstenaars op een verhoog. Dit is iets wat ek so graag meer van sal wil sien want ek glo dat elkeen van ons iets uniek en spesiaal na die vertoning gaan bring. Dankie dat ek deel hiervan kan wees”.

“Alhoewel so ’n groot produksie ’n uitdaging is omdat almal se skedules moet ooreenstem en dagboeke aangepas moet word, sodat hulle bymekaar kan uitkom, word dit so gedoen dat die uitdagings net ’n absolute plesier raak,” sê Rex van Deventer. “Hierdie vertoning gaan mense wegblaas!”

Entertainment & Events Factory is geen onbekende as dit kom by funksies, kunstenaars en glansgeleenthede nie. Ander gaskunstenaars sal ook by die 23ste Augustus se konsert optree en sal binnekort bekend gemaak word.

SA’s Diva Spectacular Show vind op plaas op 23 Augustus 2020 by die Sun Arena in Pretoria om 14:00 die middag. Kaartjies is nou aanlyn beskikbaar by iTickets. 

Die konsert in Pretoria sal voortaan jaarlikse instellings wees en ander vroulike kunstenaars sal jaarliks as gaskunstenaars genooi word om deel te neem.

SA’s Diva Spectacular Show word moontlik gemaak deur Entertainment & Events Factory in samewerking met Mit Mak Motors, President Kruger Kinderhuis, Afrikaanse Musieknuus en Fees omi Land. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.