Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Ruhan du Toit gaan terug na sy wortels
Nuus

Ruhan du Toit gaan terug na sy wortels

Fanie Nel28 Junie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Vir sewe jaar lank het Ruhan du Toit en Deon van der Merwe Suid-Afrika platgetoer as die groep Touch of Class. En wie sou ooit kon raai dat dié groep soveel aftrek sou kry met hul weergawe van Simon & Garfunkel se Sound of Silence? “Ek het die reaksie wat daardie lied ontvang het nooit verwag,” vertel Ruhan met sy diep stem.

Maar nou bieg Ruhan dat dit tyd geword het om terug te gaan na sy wortels en sy solo-loopbaan met alle erens aan te pak.

Fanie Nel het telefonies met Ruhan gesels oor sy toekomsplanne en so ’n paar opwindende projekte wat voorlê.

“Moenie skrik nie. Ons het ’n plan, wat dáárdie plan is, weet net God. Ek is dankbaar vir dit wat Deon my geleer het oor die afgelope paar jaar en ek sal dit my doel maak om daardie kennis verder in my eie solo-loopbaan verder te vat,” vertel Ruhan.

En ja, ’n solo-loopbaan beteken beslis so ’n paar oorwurms. Ruhan vertel opgewonde: “Ons beoog om ’n enkelsnit so in middel Augustus vry te stel. Dan wil ek ook werk aan ’n album wat ek hopelik reg sal hê teen Oktober. Dan is daar ook die langverwagte Afrikaans is Groot-konsertreeks waarvan ek deel is.

Behalwe vir Ruhan se solo-loopbaan het hy ook onlangs ’n duet met Riana Nel opgeneem. Dié liedjie wat Moenie heet, is op Riana se nuwe album Sterker beskikbaar wat by die Innibos Nasionale Kunstefees op Nelspruit bekendgestel word. Dis hoeka ook die plek waar die musiekvideo vir dié duet opgeneem sal word. “Die res van die tonele gaan ons in Pretoria verfilm. Dit gaan ’n baie fun musiekvideo wees,” verklap die sanger.

Dan is daar ook ’n opwindende musiekproduksie About Time saam met Corlea. “Ek wou nog altyd iets aanpak saam met Corlea. Sy het ’n ongelooflike stem en is ’n finominale talent. Ons gaan regtig grou in die argief met hierdie produksie. Ek gaan my deel doen en sy haar deel en dan kan mense ook so ’n paar duette verwag.” Ruhan sê ook dat hulle daarna kyk om ook om met die produksie te toer!

En watter geheime talente het hy nog? “Ek hou daarvan om te kook en ek is ’n buitelug entoesias.” Vra jy hom saam met watter kunstenaar hy nog sal mee wil werk, antwoord hy dadelik: “Theuns Jordaan, of selfs Jo Black. Maar Jo Black beslis.”

Voor ons groet, skerts hy vir oulaas: “Nee, ek is nie Deon se seun, alhoewel mense so dink!” Hy wens egter vir Deon en Dusty Dixon (die nuwe lid van Touch of Class) alle sterkte en seën toe.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.