Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Spoegwolf maak geskiedenis op Apple Music

Geborg Deur: Apple MusicApple Music21 Februarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die gewilde alternatiewe Afrikaanse rock-groep Spoegwolf  se album Koma het nommer een posisie van die Apple Music-albumtreffersparade die afgelope naweek ingeneem.

LEES OOK: Spoegwolf maak nuwe musiek

Oor dié prestasie het Spoegwolf gesê: “Soms droom ʼn mens van ʼn fiets vir jou verjaardag. Dan word jy wakker en die hele Afrikaanse gemeenskap het bygedra om vir jou ʼn Ferrari te koop. Dis hoe dit voel om die eerste Afrikaanse album in die nommer een-posisie op Apple Music te hê!”

Die Stellenbosse groep bestaan uit Danie du Toit (sang en kitaar), Chris von Wielligh (kitaar en klavier), Albert van der Merwe (baskitaar en sang) en Moskou du Toit (tromme, perkussie en sang).

Du Toit het die titel van die album, Koma, só verduidelik: “Dis ʼn konsepalbum wat gaan oor trauma. Daarom het ons gedink die idee van ʼn koma pas perfek. Die liedjies gaan oor iemand met wie nare goed gebeur – val, opstaan … val, weer opstaan … om dan op die ou einde te besef niks anders bly oor nie as die wesenlike droom van liefde en die bietjie lig wat diep in hom vonk. Die luisterervaring moet voel soos ʼn diepe slaap; soos ʼn koma.”

Groot treffers op die album sluit in Blou, Storm, Lenie Blou lll en Die Rivier.

Die CD van Koma, wat bestaan uit veertien snitte, is op Apple Music beskibaar.

Luister die album hier:

Met meer as 50 miljoen liedjies tot jou beskikking bied Apple Music ʼn drie maande proeftydperk sonder enige verpligting en sonder enige advertensies. Apple Music is die tuiste van al jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars en bied die grootste verskeidenheid Afrikaanse speellyste, onder meer Die A-lys Afrikaans, asook kurator-vennootskappe met van die vernaamste Afrikaanse platemaatskappye soos In Afrikaans, Select Musiek en 100% Afrikaans.  Apple Music is beskikbaar op iPhone en iPad en kan ook afgelaai word by Google Play vir Android-toestelle.

Promosie

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.