Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Spoegwolf maak nuwe musiek!

Redaksiespan11 Februarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Maak jouself gereed om die beste ‘blou’ week van jou lewe te geniet. Die gewilde alternatiewe-rock groep van hul generasie, Spoegwolf, is terug met hul eerste musiekvideo-enkelsnit, vanaf hul nuwe album, Koma, wat vandeesweek vrygestel word.

Dié vier manne van Spoegwolf – Danie du Toit, Chris von Wielligh, Moskou du Toit en Albert van der Merwe – het meer as 150 uitverkoopte konserte gedurende 2018 reg oor die land met hul aanhangers gedeel, wie net nie genoeg van hierdie unieke groep vanaf Stellenbosch kan kry nie.

Blou is deur die groep se hoofsanger, Danie du Toit, self geskryf. Hy vertel: “Ek het dit in Stellenbosch by Eersterivier geskryf. Dit gaan daaroor om nog ’n kans te kry. Eintlik is dit meer van ’n observasie as wat dit ’n boodskap aan mense wil oordra.”

Danie verduidelik hoekom dit die eerste voorsmakie van Koma is: “Ons het gevoel dit is die liedjie wat ons lewens van die afgelope jaar die beste uitbeeld. Blou klink ook anders as enige iets wat ons nog ooit vrygestel het.”

Blou kan solank op YouTube geniet word, en die volledige album sal op iTunes en Apple Music vanaf 14 Februarie te koop wees (jy kan solank jou bestelling plaas). Fisiese albums van Koma sal vanaf Maart in Musica beskikbaar wees, maar indien jy nie kan wag tot dan nie, kan jy joune nou op Spoegwolf se aanlyn winkel bestel. Koma het ’n totaal van 14 snitte, waarvan twee instrumentele verwerkings is.

Blou se musiekvideo is meestal in en rondom die Paarl geskiet, behalwe vir die gedeeltes waar hul gehore in vervoering het soos net hul kan, wat vroeg in Februarie in Potchefstroom opgeneem is.

Kyk die musiekvideo hier:

En waarom die naam Koma vir die album? Moskou du Toit verduidelik: “Die vrystelling is ’n konsep-album wat gaan oor trauma. Ons het gedink dat die idee van ’n koma goed daarby inpas. Die liedjies volg iemand wat deur iets vreeslik gaan – opstaan, val… opstaan, val… en dan uiteindelik besef dat daar niks oor is behalwe die noodsaaklike droom van liefde en die bietjie lig wat nog in hom blink nie. Die luister-ervaring moet voel soos ’n diep slaap; soos ’n koma.”

So hoe verskil Koma van Spoegwolf se vorige drie albums? Chris von Wielligh vertel gretig: “Ons het baie meer tyd op repetisies spandeer wat gelei het tot meer van ’n ‘rock’ verwerking op sommige van die snitte. Die album is ook ons mees volledige konsep-uitreiking met temas wat herhaal word en kunswerke wat bydra tot die storie. Die hele album vloei in een – van begin tot einde.”

Die album se kunswerk is deur Danie en Moskou se eie ma, Tertia du Toit, gedoen. “Willem Samuel het ook tekeninge gedoen wat saam met ’n kortverhaal van Danie gaan. Dié tekeninge en storie is in die boekie van die album ingesluit – net nog ’n aangename verrassing wat op aanhangers wag,” vertel Chris.

En hoe gaan dit met Spoegwolf as ’n groep? Albert van der Merwe sluit af: “Dit gaan baie goed. Ons is broers en sal altyd bly. Ons vriendskap is belangriker as enige iets anders, so ons sal geen musiek ooit bo dit plaas nie.   

“Vir ons aanhangers wil ons sê – kom ons kyk mekaar in die oë met hierdie nuwe album. En geniet die reis waarop hy jou gaan neem!”

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.