Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Ivan Roux: ’n Veelsydige kunstenaar
Nuus

Ivan Roux: ’n Veelsydige kunstenaar

Fanie Nel14 November 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Jo Black is sy rolmodel, hy sal graag saam met Karlien van Jaarsveld ’n duet wil doen en boonop kan hy goed kan dans. Ons het ingeloer by die kunstenaar, Ivan Roux, om hom van nader te leer ken:

Wie is Ivan Roux?
Ivan Roux is ’n veelsydige kunstenaar wat lief is vir enige musiek van rock tot country. Hy was ’n top 10 finalis in Idols in 2014. Tans is hy besig om die land plat te speel met sy musiek en hy het onlangs ’n enkelsnit, Ek Is Boer, wat baie vinnig ’n groot oproer veroorsaak het, uitgereik.

Beskryf jou musiekstyl vir ons.
Ek sal my musiekstyl beskryf as lewendig, musiek wat aan jou hart raak en ook musiek wat jou laat dink aan die dae wanneer jy af voel.

Waar sien jy jouself oor tien jaar?
Om eerlik te wees sien ek myself in tien jaar op van Suid-Afrika se grootste verhoë, besig om ’n verskil te maak in ons wêreld.

Watter geheime talente het jy?
Haha, geheime talente? Wel, ek kan dans, maar ek steek dit goed weg wanneer ek maak of ek nie kan dans nie.

Wat is jou grootste droom?
Ek kan met alle eerlikheid sê ek is besig om my droom te leef, maar as ons dit nog verder wil vat, dan sal ek sê my droom is om eendag op ’n verhoog te staan en die gehoor sing my liedjie harder terug as ek self.

Wie is jou rolmodelle in die musiekbedryf plaaslik?
My rolmodel plaaslik in die bedryf is een van my goeie vriende, Jo Black. Hy is ’n baie wyse man en hy het altyd vir my die beste raad.

En internasionaal?
’n Ou wat altyd ’n groot impak op my lewe gehad het, is Adam Levine van Maroon 5.

Saam met watter kunstenaar/s sal jy graag ’n duet wil doen?
As ek nou aan een kunstenaar kan dink sal ek sê ek sal graag saam Karlien van Jaarsveld ’n duet wil doen. Sy’t werklik die stem van ’n engel in my opinie.

As daar een ding is wat jy van die aarde af kan laat verdwyn, wat sal dit wees?
Ek het net die ander dag die gesprek gehad met iemand. Ek sou regtig geld laat wou verdwyn van die planeet af.

Waar kan mense jou op sosiale media kry of kontak vir konsertbesprekings?
Julle kan my gerus kry op sosiale media, op Facebook, Twitter en Instagram. Vir konsertbesprekings skakel Treo Music by 063 791 8125‬ of stuur ’n e-pos na bookings@treomusic.co.za.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.