Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Afrikaans is Groot gaan wéér groot in Kaapstad
Nuus

Afrikaans is Groot gaan wéér groot in Kaapstad

Redaksiespan24 November 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Nadat kaartjies vir nege Afrikaans is Groot-vertonings in Pretoria binne enkele ure uitverkoop het, maak dié gewilde konsertreeks weer ’n draai in die Moederstad – vir ’n vyfde keer. Op Saterdag, 17 Maart 2018 is dié konsert by die GrandWest Grand Arena in Kaapstad te sien.

Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Monique Steyn, Touch of Class, Die Heuwels Fantasties, Laurika Rauch, Corlea, Jannie Moolman, Elvis Blue, Jay, Lianie May, Bok van Blerk, Dewald Wasserfall, Snotkop en Arno Jordaan is almal saam op één verhoog.

Afrikaans is Groot is ’n musiekkonsert wat sedert 2012 aangebied word, en beloof jaarliks om nie net iets vir die oor te bied nie, maar ook iets vir die oog. Uitstekende klank, skouspelagtige beligting en kreatiewe toevoegings maak van dié konsert ’n belewenis vir oud en jonk. Dit is tans so gewild dat die musiekstroom-app JOOX van China ook onlangs reuse stappe geneem het om dié Afrikaanse musiek beskikbaar te stel op hul musiekplatform.

“Die Afrikaanse gemeenskap in die Kaap is baie lojaal tenoor Afrikaanse musiek, daarom het ons besluit om die konsert ook daar aan te bied,” sê Arnold Coleske, uitvoerende vervaardiger van die konsert. Volgens Coleske is hierdie nie net ’n konsert nie, dit is ’n fees van musiek.

Dit is reeds die vyfde konsert wat in die Kaap aangebied word, en nes sy voorlopers, Afrikaans is Groot 2013, 2014, 2015 en 2016, gaan dié vertoning jou laat snak na jou asem. “Ons moet elke jaar meer konserte byvoeg, want die publiek soek meer,” vertel Coleske verder. “Konsertgangers is baie lojaal, en ons kry net goeie terugvoer van die publiek.”

Vanjaar se kunstenaars kan nie uitgepraat raak oor hoe opgewonde hulle is om in Kaapstad te gaan optree nie.

“Ek was nie by verlede jaar se Afrikaans is Groot in die Kaap nie, so ek sien verskriklik uit na hierdie een,” vertel Arno Jordaan. “Die atmosfeer by Afrikaans is Groot is altyd spesiaal, en dis natuurlik te danke aan die wonderlike mense wat die konserte bywoon!”

“Kaap van storms, julle moet vashou… hier kom ’n storm uit die Noorde!” skerts Jannie Moolman.

Kaartjies vir Afrikaans is Groot 2017 in Kaapstad vir Saterdag, 17 Maart se twee vertonings – om 13:00 en 19:30, onderskeidelik – is vanaf Donderdag, 23 November om 09:00 by Computicket of Shoprite/Checkers en House & Home winkels beskikbaar.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.