Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Feeste

KKNK musiekprogram bied iets vir elke oor

Redaksiespan24 Februarie 2017
Bekroonde pianis Petronel Malan is ook by vanjaar se fees. Foto: Verksaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

“Musiekliefhebbers by vanjaar se KKNK kan ’n wye spektrum van musiek beleef – van kontemporêr en klassiek, tot kabaret en selfs ’n Afrikaanse musiekblyspel”, sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van dié fees, wat van 8 tot 15 April op Oudtshoorn aangebied word. “Die musiekprogram in teaters en op die musiekverhoë bied beslis vanjaar iets vir elke smaak”, vertel sy.

In teaters kan feesgangers uitsien na die eerste Afrikaanse hip-hop musiekblyspel Amper Famous, met die jong hip-hop-kunstenaar V.I.T.O., onder regie van David Kramer. Amper Famous vertel die storie van ’n jong man van ’n klein dorpie, wat groot drome droom. Dit beloof om ’n ervaring te wees wat hartsnare gaan roer.

Vir aanhangers van Karen Zoid, die The Voice-mentor en president van die Republiek van Zoid Afrika, én die Gereformeerde Blues Band, is hulle vertoning ’n móét sien. Die musikante trek ’n kontemporêre baadjie vir Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band se ikoniese protesalbum, Eet Kreef aan.

Ikoniese Afrikaanse musiek word deur Emo Adams, Bobby van Jaarsveld en Katlego Maboe opgetof in Karoo Swing, vir ’n nostalgiese reis vir almal wat lus is om te jol. Kom luister hoe die drie gunstelinge hul liefde vir big band swing deel.

Freshlyground se Zolani Mahola vereer die rol van vrouwees in die wêreld van rock & roll in Rok en rol. Internasionale ikone soos Janis Joplin, Nina Simone, Tina Turner, Cyndi Lauper en plaaslike vroue soos Miriam Makeba, Brenda Fassie, Claire Johnston en Lesley Rae Dowling word gehuldig. Mahola is een van Suid-Afrika se mees geliefde en suksesvolle vroulike sterre in die musiekwêreld.

V.I.T.O is te sien in Amper Famous. Foto: Verskaf
Een van die hoogtepunte is Karen Zoid en Die Gereformeerde Blues band se optrede. Foto: Verskaf
Katlego Maboe, Emo Adams en Bobby van Jaarsveld is te sien in Karoo Swing. Foto: Verskaf

Coenie de Villiers het ’n splinternuwe musieksuite gekomponeer, wat vir die eerste keer in Karoo Suite gehoor gaan word. Skrywer Deon Meyer is saam met De Villiers op die verhoog en is ook verantwoordelik vir die teks. Projeksies van Meyer se fotografie (nóg ’n talent van dié skrywer) word die agtergrondtafereel vir dié multimedia-viering van woord, beeld en musiek. Saam met hulle op die verhoog is Jaconell Mouton (klavier), David Klassen (perkussie) en Mauritz Lotz (kitare).

Vir kabaret-liefhebbers bied die feesprogram verskeie keuses. Angels on Horseback: Skop skiet and Blonder, Kaapstad se gunsteling-countrykabaret, gee aan country ’n heel nuwe baadjie in dié sexy en satiriese stuk. Fiona du Plooy behartig die regie en Alicia McCormick en Jonathan Tait is onder andere op die verhoog.

Die Vlammende Fez is ’n literêre kabaret en kyk na skrywer I.D. du Plessis se lewe en skryfwerk oor die Kaapse Maleier-kultuur, onder regie van Basil Appolis en met o.a. Chris van Niekerk, Loukmaan Adams en ’n Kaapse Maleier-sanggroep. Kom luister na nuutgeskrewe en 300 jaar oue melodieë, vervleg met verse oor die wêreld van die Kaapse Maleiers.

Jemma Kahn bring die internasionaal-suksesvolle We didn’t come to hell for the Croissants na die fees. Ses hoofsondes (die vervelige een is uitgelaat). Ses Suid-Afrikaanse skrywers. Ses stories wat die sondelose verlei en die onsedelike verstom. Dit is ’n rou vertolking van die antieke Japannese storievertelkultuur, kamishibai, in ’n Suid-Afrikaanse konteks. Die oorspronklike tekste, deur verskillende vooraanstaande jong Suid-Afrikaanse skrywers in Engels geskryf, is spesiaal vir die KKNK na Afrikaans vertaal deur Tertius Kapp. Dit is dié werk se Afrikaanse debuut. De Klerk Oelofse sluit by Kahn op die verhoog aan.

Elisha Zeeman rebelleer in Mond verby teen “the man” wat alewig in ons nekke blaas. In hierdie satiriese sketskomedie deel ses uitspattige karakters hul ervarings oor die korporatiewe wêreld in ’n eenvoudige, maar vlymskerp solovertoning. Zeeman bied hierdie volwaardige kabaret aan na haar suksesvolle Uitkampteater-stuk van 2016.

Bekroonde pianis Petronel Malan is ook by vanjaar se fees. Foto: Verksaf
Die Flamende Fez is beslis een van vele hoogtepunte. Foto: Verskaf
Coennie de Villiers en skrywer, Deon Meyer is saam in die produksie Karoo Suite. Foto: Verksaf

Vir klavier-musiekliefhebbers, bring Petronel Malan ’n program wat spesiaal vir die KKNK saamgestel is. Kom beleef hierdie verrykende musikale reis met musiek van haar eerste vyf CD’s en ’n voorsmaak van haar volgende album. Malan is een van Suid-Afrika se mees geliefde konsertpianiste, bekend vir kragtige, virtuose klavierspel wat gehore in konsertsale dwarsoor die wêreld betower.

Ander musiekproduksies wat by die KKNK debuteer, sluit in: Amanda Strydom – So onner deur die maan, Andriëtte Norman – Goeie genade dis ’n dekade, Danie Niehaus en Pietman Geldenhuys – Die ding van ’n liedjie, Jak de Priester – 15 jaar met klavier en kitaar, Loki Rothman en Albert Frost – Die akoestiese kitaar en ook optredes deur Steffie le Roux en Les Javan.

“Opelugmusiekkonserte keer vir die eerste keer sedert 2012 terug na die Rivierbuurt en elke aandprogram bring verskeie groot name saam op die Huisgenoot-verhoog”, vertel Snyman. Die volledige aandprogram sluit in: Juanita du Plessis, Bok van Blerk, Refentse, Jo Black, The Black Ties en Elandré Schwartz (8 April); Theuns Jordaan en Dr. Victor & The Rasta Rebels (9 April); The Rockets, Nicholis Louw, Elizma Theron en Brendan Peyper (10 April); Emo Adams, Kurt Darren, Karin Kortjé en Robin Peters (11 April); Bobby van Jaarsveld en Rhema Varrie (12 April); Rymklets van Oos tot Wes met Early B, Die Salwing (HemelBesem, Yoma en Linkris), Jerome Rex, RenoKarooKing, Die Hooflig, Japsnoet en DJ Hearing Aid (13 April); kykNET Jukebox met Pieter Koen, BlackByrd, Refentse, Jay, Leah en Willem Botha (14 April) en Kleurvol met ’n keur van vars nuwe talent (15 April). Toegang na dié konserte is ingesluit by Rivierbuurt-kaartjies.

Deur die dag bied die Rivierbuurt musiek op twee verhoë – die Coca-Cola-verhoog en die Kango Kombuis-verhoog met alles van bands tot agtergrondmusiek. Om 16:00 skuif die musiek na die Huisgenoot-verhoog, waar gunstelinge én opkomende sterre ’n draai maak, voordat die aandprogram afskop. Golden circle-kaartjies vir die Huisgenoot-verhoog is beskikbaar vir 8, 9, 14 en 15 April. Golden circle-kaartjies bied nie toegang tot die Rivierbuurt nie.

Die volledige program is hier beskikbaar. Kaartjies kan by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home gekoop word. Verblyfbesprekings kan aanlyn gedoen word, of kontak 044 203 8600. Die feesdatums val vanjaar binne die nasionale skoolvakansie en eindig oor Paasnaweek.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!
Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027
‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!
Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.