Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
ATKV-Oesfees

Ladysmith Black Mambazo by ATKV-Oesfees 2017

Redaksiespan24 Februarie 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die wêreldbekende Suid-Afrikaanse tradisionele musiekgroep, Ladysmith Black Mambazo, gaan op 25 Maart by die tiende ATKV-Oesfees op Solms-Delta naby Franschhoek optree.

Chris Kreef, fees direkteur sê: “Ons is baie opgewonde oor vanjaar se ATKV-Oesfees. Die toevoeging van Ladysmith Black Mambazo op die program is ’n kersie op die tienjaarkoek van ons aanbieding van opwindende, oorspronklike Suid-Afrikaanse roots musiek. Ons eer die plaaswerkers en hul families elke jaar vir die harde werk en liefde waarmee hulle die oes op Solms-Delta inbring. Vanjaar gaan ons die ekstra myl stap om ’n lekker feesatmosfeer te skep waarin gesinne vir die hele dag saam met ons kan feesvier. Daar is onder andere vanjaar ’n groter verskeidenheid tradisionele kos en meer pret vir kinders by die SafeKidZone.”

Oesfees-1024x584

Ladysmith Black Mambazo, onder leiding van die stigter en leier, Joseph Shabalala, maak al meer as 50 jaar lank musiek. Hierdie legendariese a capella-groep het oor die jare ’n buitengewone musikale produk geskep wat al jare lank gehore regoor die wêreld aanraak. Hul musiek het oor die afgelope vyf dekades lof en toekennings van verskeie organisasies en lande ontvang. Hul mees onlangse album, Walking in the footsteps of our Fathers, is vir ’n Grammy in die afdeling vir Beste Wêreldmusiekalbum 2016 benoem. Dit is Ladysmith Black Mambazo se 17de Grammy-benoeming. Hulle is vier keer bekroon met die Grammy-toekenning: in 1988 vir Shaka Zulu; in 2004 vir Raise Your Spirit Higher; in 2009 vir Ilembe en in 2013 vir Singing For Peace Around The World.

Ladysmith Black Mambazo toer gereeld in die buiteland en het al met ’n hele rits bekende kunstenaars onder andere Paul Simon, Stevie Wonder, Dolly Parton, Sarah McLachlan, Josh Groban, Emmylou Harris, Melissa Etheridge saamgewerk. ’n Rolprentdokumentêr getiteld On Tip Toe: Gentle Steps to Freedom, die verhaal van Ladysmith Black Mambazo, is vir ’n Oscar benoem. Hulle het ook al op Broadway verskyn en is vir Tony-toekennings benoem. Tuis in Suid-Afrika het hulle ook vele SAMA-toekennings gewen.

Ladysmith Black Mambazo deel die verhoog by die ATKV-Oesfees met ’n hele rits talentvolle musikante. Die Music van de Caab-groepe en -orkeste (onder leiding van Adriaan Brand) wat vanjaar gaan optree, sluit in: Delta-Langbroeke, Klein Handjies-Kinderkoor, Delta Valley Entertainers, Die Soetstemme en Lekker Lekker Delta. Dan is daar ook optredes deur Die Papier Family Band en die gewilde Hannes Coetzee. Bekende groepe en topmusikante wat vanjaar op die verhoog gaan wees, is die Radio Kalahari Orkes, The Rudimentals, Manouche, Brain Cloete, Hezron Chetty, Churchil Naudé, Die Wasgoedlyn, Akkedis, Hemelbesem en Yoma, Les Javan, Riku Lätti, Bacchus Nel, Jackie Lätti, Nick Turner, Tribal Echo en African Jazz Pioneers. Kyk ook uit vir die ATKV-Rieldanskampioene wat elke jaar vastrap dat die stof so staan en die gehoor aan hul voete het. Vanjaar se rieldansoptrede is deur die 2016-wenners in die junior kategorie: Die Betjies van Betjiesfontein, asook vorige wenners Die Nuwe Graskoue Trappers.

Tradisionele Kaapse geregte soos waterblommetjiebredie, braaivleis, Kaapse kerrieafval en koeksisters sal op die dag gekoop kan word, asook ’n verskeidenheid van Solms-Delta se wyne.

Kom geniet die dag saam met jou hele gesin.

Toegang:

Kaartjiepryse tot 24 Maart:                                                         R120
Kaartjies by die hek op dag van die fees:                                  R150
Kinders, twee tot 12 jaar:                                                             R40

Kinders onder twee jaar gratis. Elke kind kry ’n feesbandjie sodat die organiseerders weet presies hoeveel mense en kinders op die perseel is.

Daar is ook ’n spesiale, veilige gebied vir kinders wat deur Cre8tive Kids bestuur word. Ouers kan hul kinders hier inteken en ’n bekwame span sal sorg vir lekker speletjies en ander prettige aktiwiteite om die kinders besig te hou.

Koop jou kaartjies hier:

Koop kaartjies aanlyn by Plankton of Computicket.

Webtuiste en sosiale media:

Volg oesfees op Facebook, en kry hulle ook op Twitter en Instagram – gebruik ook die hutsmerk #ATKVOesfees. Vir meer inligting besoek die Oesfees-webblad, sowel as die Solms-Delta-webblad.

Vir feesnavrae, kontak 021 874 3937. ATKV-Oesfees 2017 in samewerking met kykNET, RSG en Boschendal.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.