Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Bobby en Karlien van Jaarsveld se eie TV-program begin eersdaags

Redaksiespan7 Januarie 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

“Eerlik, rou en sonder pretensie,” só beskryf Karlien van Jaarsveld haar en haar broer, Bobby van Jaarsveld se TV-reeks. Dís nou die TV-reeks, Bobby en Karlien: In Jou Skoene, wat vanaf 11 Januarie 2017 om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) afskop!

Dié program is nie nog ’n program soos Keeping Up With The Kardashians nie.

Bobby en Karlien se lewe word gedokumenteer ja, en ons gaan beslis in hul private wêreld ingenooi word. Maar in elke episode word die twee deur hul naaste familielede uitgedaag om sekere take te verrig en ander mense in die proses te help. Dít is niks vreemds vir die Van Jaarsvelds nie, want hulle is al vir lank betrokke by liefdadigheidswerk. Nou word ons genooi om te kyk wat hulle doen.

maxresdefault

In een episode, byvoorbeeld, stuur Karlien se ma, Ronel, haar om ’n naweek saam met Ronel se huishulp in ’n township deur te bring.

Kyk na die uittreksel hier:


“Ek, hul pa en hul ouma is net nou en dan deel van die reeks,” vertel Ronel, “Daar word onderhoude met ons gevoer oor Bobby en Karlien se aktiwiteite. Die werklikheidsreeks gaan daaroor om ʼn verskil te maak.”

Daar is al ʼn geruime tyd praatjies en onderhandelings om Bobby en Karlien saam in ʼn TV-reeks te kry. Ronel wou nie gehad het dit moet ʼn “plastiek-program” wees nie. Dit moes eerder iets spesiaals wees.

“Dit moet ’n verskil maak aan mense se lewens, en ook ’n verskil aan Bobby en Karlien se eie lewe. Die reeks het ʼn boodskap van omgee vir mekaar,” sê sy.

122022


Die vraag om almal se lippe: Gaan ons die ware Bobby en Karlien sien?


“Ons gaan meer as die ware Bobby en Karlien sien,” sê Ronel. “Ons vorm maklik ʼn persepsie van iemand en 99% van die tyd is dit nie die waarheid oor wie en wat daai mens is nie. Ons is almal skuldig daaraan. Ons kry ʼn idee in ons kop oor iemand en glo dit.”

Karlien sê: “In die reeks voel ek vir die eerste keer gemaklik en net myself. Ons kan net wees wie ons is en niemand kan ons woorde verdraai nie. Dis eerlikwaar die gunsteling-ding wat ek nóg in my loopbaan gedoen het, dis my passie. Mense wat swaarkry consume my hele hart en dis waar ek wil wees: Hoe hulle lewe, wat hul storie is. Ek is absoluut mal oor al die mense wat ek ontmoet, want dis waaroor die lewe regtig gaan, eerlik, rou en sonder pretensie.”

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.