Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Karlien van Jaarsveld sê ‘bly’, maar soms moet jy hardloop

Redaksiespan12 Oktober 2026
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ná liedjies soos “As Jy My Roep” en “Oor Mekaar” saam met Zaan Sonnekus, is Karlien van Jaarsveld terug met haar jongste enkelsnit, “Bly” – ’n eerlike en herkenbare blik op die oomblik wanneer ’n mens besef dat ’n verhouding eenvoudig nie meer werk nie.

Met “Bly” neem Karlien ’n onderwerp wat baie mense ken en verwoord dit op haar kenmerkende direkte manier: Hoeveel keer probeer ’n mens weer voordat jy besef dit is tyd om te laat gaan?

“Die liedjie gaan oor verhoudings waar ’n mens nie moet bly nie. Dis al die hoeveelste ronde waar jy dit uit probeer, maar dit werk net nie,” vertel Karlien oor die liedjie, wat uit haar eie pen kom.

Die titel “Bly” kry juis ’n ironiese betekenis wanneer die boodskap van die liedjie duidelik word. Soms is die beste besluit nie om nóg ’n keer te probeer nie, maar om uiteindelik die moed te hê om weg te stap.

Karlien som dit eenvoudig op: “As daar iemand agter jou staan en skree ‘Bly’, is dit tyd om te hardloop.”

Met “Bly” wys Karlien weer hoekom haar musiek by soveel mense aanklank vind: dit vertel eerlike stories oor liefde, verhoudings en die moeilike keuses wat daarmee saamkom – sonder om doekies om te draai.

“Bly” is nie ’n liedjie oor opgee nie; dit is ’n liedjie oor die oomblik wanneer jy kies om jouself eerste te stel.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Wrakinjan verken die konneksies wat tyd nie kan uitwis nie
Rooksein en Zaan Sonnekus slaan kragte saam met emosionele nuwe enkelsnit ‘Stadig’
Ollyvans sit sy veelsydige talent ‘op ys’ met nuwe enkelsnit
Spoegwolf is terug met malste album nóg!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Wrakinjan verken die konneksies wat tyd nie kan uitwis nie

16 Oktober 2026

Rooksein en Zaan Sonnekus slaan kragte saam met emosionele nuwe enkelsnit ‘Stadig’

16 Oktober 2026

Ollyvans sit sy veelsydige talent ‘op ys’ met nuwe enkelsnit

16 Oktober 2026

Spoegwolf is terug met malste album nóg!

16 Oktober 2026

Bernice West trek nuwe ‘lyntjies’ met kragtige, persoonlike enkelsnit

16 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.