Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Winter Hotel open sy deure met debuut-enkelsnit ‘Heuning’

Redaksiespan31 Julie 2026
FOTO: The Silbermanns
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ná die ongekende sukses van “Toelaat”, slaan Bernice West en Droomsindroom ’n splinternuwe kreatiewe rigting in met die bekendstelling van Winter Hotel – ’n musiekprojek wat veel meer as net ’n nuwe band wil wees. Met hul debuut-enkelsnit, “Heuning”, nooi hulle luisteraars in ’n nostalgiese wêreld waar musiek, stories en beeld saamvloei tot ’n unieke ervaring.

Die idee vir Winter Hotel het ontstaan ná Bernice West en Droomsindroom se suksesvolle samewerking op “Toelaat”. Dié liedjie het alle verwagtinge oortref, vyf opeenvolgende weke die nommer-een-posisie beklee en binne dié tyd meer as een miljoen stromings behaal. Die oorweldigende reaksie van aanhangers het die kunstenaars laat besef dat daar iets besonders in hul samewerking skuil.

“Ons het ongelooflik baie boodskappe ontvang van mense wat gevra het vir nóg musiek saam,” vertel die groep. “Dit het ons laat besef daar is ruimte vir iets groter as net nog ’n samewerking. Ons wou ’n wêreld skep waarin mense hulself kan verloor.”

Só is Winter Hotel gebore – nie as ’n verlengstuk van Bernice West of Droomsindroom se bestaande loopbane nie, maar as ’n volwaardige nuwe band met sy eie identiteit, klank en storie.

Volgens dié groep het die nuwe naam hulle die kreatiewe vryheid gegee om iets heeltemal oorspronklik te ontwikkel, terwyl Bernice West en Droomsindroom steeds hul eie solo- en groepsloopbane onafhanklik kan voortsit.

Winter Hotel onderskei hom deurdat elke aspek van die projek – van die musiek en lirieke tot die visuele styl, verhoogproduksie en storievertelling – deel vorm van dieselfde kreatiewe wêreld.

“Ons wou nie net ’n nuwe klank skep nie; ons wou ’n ervaring bou waarna mense telkens wil terugkeer. Elke vrystelling voel soos nog ’n hoofstuk van dieselfde verhaal.”

Die eerste enkelsnit, “Heuning”, fokus nie bloot op die woorde “ek is lief vir jou” nie, maar op die gevoel van verlief raak en die verwondering wat liefde weer in ’n mens wakker maak.

Die lirieke gebruik metafore en natuurbeelde om emosies op ’n subtiele manier oor te dra. Die beeld van heuning in ’n Sondagoggend-koppie tee simboliseer daardie ekstra bietjie soetheid wat iemand in jou lewe bring – iemand wat gewone oomblikke buitengewoon maak.

Die liedjie ondersoek temas soos kwesbaarheid, vertroue en emosionele veiligheid en herinner luisteraars dat ware liefde nie daaroor gaan om iemand reg te maak nie, maar om veilig genoeg te voel om jou hart oop te maak.

“Ons hoop mense hoor nie net die liedjie nie, maar dat hulle hulself daarin verloor. As ‘Heuning’ iemand vir drie minute daardie sagte, warm gevoel van verlief wees kan laat ervaar, dan het die liedjie sy doel bereik.”

“Heuning” is slegs die eerste hoofstuk van Winter Hotel se verhaal. Oor die volgende paar maande sal nóg musiek verskyn wat uiteindelik uitloop op die volledige kortspeler “Winter”.

Hoewel elke liedjie op sy eie kan staan, vorm almal deel van ’n groter narratief waarin temas, emosies en stories deurgaans verweef is.

“Ons wil hê mense moet die projek as ’n volledige luisterervaring beleef eerder as net ’n versameling los enkelsnitte.”

Die titel van die EP, “Winter”, is doelbewus gekies. Die projek is gedurende die winter gebore en die seisoen speel ’n belangrike rol in die atmosfeer en identiteit van die musiek.

Die kreatiewe proses begin hoofsaaklik by Kirsten Richard Schlebusch, wat as hoofliedjieskrywer optree. Die idees word daarna saam met Bernice West en Kyle Joshua Schlebusch verder ontwikkel totdat elke liedjie emosioneel en liries presies reg voel.

Die finale produksie is in die hande van die bekroonde vervaardiger Peach van Pletzen, wie se moderne produksiebenadering gehelp het om Winter Hotel se unieke soniese identiteit te vestig.

Die groep beskryf hul klank as tydloos – organiese instrumente, intieme sang, diep lae frekwensies en moderne produksie wat saamwerk om warmte, eerlikheid en intimiteit te skep.

Die wisselwerking tussen die twee hoofstemme vorm die kern van die projek. “Ons sien die sang nie net as ’n manier om lirieke oor te dra nie, maar as ’n gesprek tussen twee mense. Daardie spanning en harmonie is die hart van Winter Hotel.”

Die visuele identiteit van Winter Hotel speel ’n ewe belangrike rol as die musiek self. Vir die musiekvideo van “Heuning” het die groep doelbewus wegbeweeg van tradisionele Afrikaanse musiekvideo’s om ’n unieke nostalgiese wêreld te skep.

Chantelle Schnetler Design het spesiale kostuums vir die projek ontwerp, terwyl teaterregisseur Jannes Erasmus gehelp het om die verhoogproduksie en atmosfeer te ontwikkel. Cinastage Studios was verantwoordelik vir die videografie, met Silbermann Studios wat die fotografie verskaf het wat die visuele identiteit van Winter Hotel vasvang.

Die video bied ook ’n voorsmakie van hoe toekomstige Winter Hotel-vertonings gaan lyk.

“Ons droom is dat mense uiteindelik by ’n teater instap, iets te drink bestel, gaan sit en vir ’n uur lank heeltemal deel word van die wêreld van Winter Hotel. Die musiekvideo is amper soos die voorportaal van daardie hotel.”

Hoewel Bernice West en Droomsindroom reeds gevestigde kunstenaars met lojale aanhangers is, glo hulle dat Winter Hotel ook ’n nuwe gehoor sal bereik – luisteraars wat waarde heg aan emosionele storievertelling en musiek wat lank ná die laaste noot by jou bly. “Winter Hotel is geskep om meer te wees as net agtergrondmusiek. Ons hoop dit word die soort musiek waarmee mense herinneringe bou.”

Met “Heuning” word die deur nou oopgemaak na ’n wêreld waar elke liedjie nog ’n kamer is om te ontdek. En soos die kunstenaars self sê: “Ons grootste droom is dat mense nie net na die musiek luister nie, maar vir ‘n rukkie by Winter Hotel sal inboek.”

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.