Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Philly bring nostalgie terug met splinternuwe enkelsnit, ‘Spook Van Jou’

Redaksiespan10 Julie 2026
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ná verskeie vrystellings is die opkomende Afrikaanse kunstenaar Philly terug met wat hy sonder huiwering as sy beste liedjie tot dusver beskryf. Sy nuwe enkelsnit, “Spook Van Jou”, is ’n nostalgiese sokkietreffer wat luisteraars terugvoer na die dae van tydlose dansvloertreffers en onvergeetlike herinneringe.

“Spook Van Jou” is deur Philly self geskryf en vertel die verhaal van iemand wat eenvoudig nie uit jou gedagtes verdwyn nie – ’n persoon wat by jou “spook” lank nadat die verhouding verby is. Dié liedjie handel oor verlange, herinneringe en die emosies wat soms nog lank ná ’n liefde bly voortleef.

Die inspirasie vir die liedjie het onverwags gekom toe Philly op pad huis toe na musiek oor die radio geluister het. ’n Liedjie oor verlore liefde wat steeds by iemand spook, het sy aandag getrek en hom geïnspireer om sy eie unieke weergawe van dié tema te skryf.

“Ek voel regtig dit is my beste werk tot dusver. Ek wou van die begin af seker maak ek werk saam met mense wat die liedjie na die volgende vlak kan neem,” vertel Philly.

Vir die produksie het hy saamgespan met die bekroonde vervaardiger Murray Lubbe, terwyl die kitaarwerk deur die gerekende Juan “Floors” Oosthuizen behartig is – ’n musikant wat al op van Suid-Afrika se grootste verhoogproduksies, waaronder Afrikaans is Groot en Innibos, opgetree het.

Met “Spook Van Jou” wou Philly doelbewus terugkeer na die klanke waarmee baie Afrikaanse musiekaanhangers grootgeword het.

“Ek wou nog altyd ’n sterk sokkieliedjie uitreik. Vir my is hierdie liedjie in dieselfde gees as die klassieke dansvloertreffers wat mense dadelik laat opstaan. Dit is my eie weergawe van daardie tipe liedjie.”

Hoewel hy versigtig is om voorspellings te maak oor hoe die publiek dit sal ontvang, is die terugvoer tot dusver baie positief.

“Ek hoop mense hoor die nostalgie daarin. Ek wil graag iets terugbring wat mense herinner aan die ou dae van sokkie en dans. As hulle voete begin juk wanneer hulle die liedjie hoor, dan het ons bereik wat ons wou.”

Hoewel daar nie ’n volledige musiekvideo beplan is nie, word die vrystelling ondersteun deur ’n liriekvideo wat die storie van die liedjie op ’n eenvoudige, maar treffende manier aanvul.

Met sy energieke ritme, herkenbare tema en nostalgiese aanslag beloof “Spook Van Jou” om ’n gunsteling op dansvloere én speellyste te word. Dit is ’n liedjie wat nie net herinneringe oproep nie, maar ook nuwe herinneringe gaan skep.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.