Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

JACOBUS skryf liedjie vir die meisie wat sy hart vinniger laat klop!

Redaksiespan10 Julie 2026
FOTO: Ben Mienie
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Net ’n jaar nadat hy sy eerste treë in die Afrikaanse musiekbedryf gegee het, is JACOBUS besig om homself as een van die genre se opwindendste nuwe kunstenaars te vestig. Ná die wegholsukses van “Mila” keer dié talentvolle sanger, liedjieskrywer en opkomende wynmaker nou terug met “Verby Dans” – ’n vars liefdeslied wat beloof om nóg groter te wees.

JACOBUS het sy debuut in 2025 gemaak met “Gat In Jou Sak”, gevolg deur “Wag Dat Jy Terugkeer”. Hoewel die eerste twee vrystellings hom aan luisteraars bekendgestel het, was dit “Mila” wat sy loopbaan na nuwe hoogtes geneem het.

Dié liedjie het op die dag van vrystelling die nommer-een-posisie op Apple Music se Afrikaanse ranglys ingeneem en is steeds een van die platform se gewildste Afrikaanse liedjies. Daarby het “Mila” ook die nommer 13-posisie op Spotify se Viral 50 – South Africa-ranglys bereik – ’n prestasie wat JACOBUS se groeiende gewildheid bevestig.

Met “Verby Dans” bou hy voort op die moderne popklank waarmee hy reeds ’n sterk indruk gemaak het.

“‘Verby Dans’ is geskryf omdat ek ’n oomblik wou vasvang wat ek met iemand baie spesiaal gedeel het,” vertel JACOBUS. “Dit gaan oor verlief raak ná die eerste dans en alles wat daartoe aanleiding gee.”

Volgens hom was dit belangrik om die musikale identiteit wat mense op “Mila” leer ken het, verder uit te bou.

“Ek het baie gehou van ‘Mila’ se sound en ek dink ons wou daarby bly omdat dit vasvang wat ek na die musiekbedryf wil bring.”

Die eindresultaat is ’n ligte, aansteeklike popliedjie wat volgens hom gemaak is om mense saam te laat sing. “Ek hoop mense dans en luister lekker na die liedjie. Hierdie is een om by ’n braai te speel.”

Die musiekvideo is by Festa in Wellington verfilm. Hoewel die winterkoue behoorlik sy tande gewys het, sê JACOBUS die ervaring was een wat hy altyd sal onthou.

“Dit was ongelooflik koud, maar die span – met Ben Minnie as videograaf – was fantasties. Dit het die hele dag ongelooflik lekker gemaak. Ek is bitter opgewonde vir die wêreld om hierdie video te sien.”

Die video dra ook besondere persoonlike betekenis. Vir die eerste keer verskyn die vrou wat sy hart gesteel het saam met hom op die skerm. Sy eie meisie vertolk die hoofrol teenoor hom – gepas, aangesien die liedjie juis vir háár geskryf is.

“Dit was so spesiaal om daardie ervaring saam met haar te deel. Sy was ongelooflik in die video. Ons het basies net op ’n date gegaan terwyl ons afgeneem is. Dit was baie natuurlik en baie spesiaal. Hierdie liedjie is vir haar geskryf, so ek is baie bly sy kon ook deel wees van die video. Sy is net die beste.”

Met “Verby Dans” bewys JACOBUS dat die sukses van “Mila” geen toeval was nie. Sy unieke kombinasie van eerlike storievertelling, moderne Afrikaanse pop en opregte emosie maak hom ’n kunstenaar om dop te hou – en as die reaksie op sy vorige vrystelling enigiets is om op te gaan, kan “Verby Dans” heel moontlik sy grootste treffer nóg word.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.