Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Gerhard Steyn vier ware liefde met nuwe enkelsnit

Redaksiespan6 Julie 2026
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Gerhard Steyn is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “Vra Net Vir Jou” – ’n opregte liefdesliedjie wat geïnspireer is deur sy eie liefdesverhaal met sy vrou. Met dié kontemporêre vrystelling deel hy ’n persoonlike hoofstuk uit sy lewe en herinner luisteraars daaraan dat ware liefde soms op die mees onverwagse manier sy pad na jou vind.

Dié liedjie sluit aan by die romantiese aanslag waarvoor Gerhard bekend is met treffers soos “Rooi Roos”, “Parfuum” en “Jy’s My Hartklop”, maar bring terselfdertyd ’n vars, moderne klank. “Dis wel bietjie vinniger en het ’n vibe,” vertel hy.

Die inspirasie vir die liedjie lê diep in sy eie liefdesverhaal.

“Ons het mekaar vir drie maande nooit gesien nie. Om eerlik te wees, ons het nooit uitgegaan nie,” vertel Gerhard. “Maar vir ’n jaar lank het ek geweet dis my trouvrou. En ek het met alles in my daarteen baklei.”

Hierdie ervaring vorm die hart van “Vra Net Vir Jou”. Die lirieke handel oor die besef dat wanneer God iemand op jou pad plaas, daar geen rede is om weg te stap of die bande te verbreek nie.

“Ek glo die publiek sal daarmee resoneer, aanklank vind en hul eie storie in die liedjie ontdek,” sê hy.

Vir Gerhard was musiek nog altyd bedoel om mense vir ’n oomblik uit die alledaagse te neem.

“Ek wil hê my musiek moet vir mense ’n wegvlug wees – iets wat hulle laat goed voel en waarmee hulle hulself kan vereenselwig.”

Die romantiese tema word verder uitgebou in die musiekvideo, wat deur Coolerbox Brothers vervaardig is. Die video vertel die liefdesverhaal van Gerhard en sy vrou op filmiese wyse, met Kate Roothman en Gerald Steyn, wat kykers ook as Nicolette en Uys uit Binnelanders ken, in die hoofrolle.

“Ek het vir Kate Roothman en Gerald Steyn gevra om in die musiekvideo te speel. Hulle was ook ’n paartjie op Binnelanders, en ek het geweet hulle sou die storie perfek kon vertel,” sê Gerhard.

Volgens hom is daar ’n eenvoudige rede waarom die video sekerlik by aanhangers aanklank sal vind.

“Mense love ’n goeie romantiese video.”

Met “Vra Net Vir Jou” lewer Gerhard Steyn nóg ’n opregte liefdesliedjie wat nie net sy eie verhaal vertel nie, maar ook ruimte laat vir luisteraars om hul eie herinneringe, drome en liefdesverhale daarin te herken.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.