Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Bella maak haar solo-Afrikaanse debuut met emosionele enkelsnit

Redaksiespan19 Junie 2026
FOTO: Hendri Fourie
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ná twee suksesvolle samewerkings wat haar aan die Afrikaanse musiekbedryf bekend gestel het, is die talentvolle sangeres en liedjieskrywer Bella uiteindelik gereed om haar eie storie te vertel. Met die vrystelling van haar eerste solo-Afrikaanse enkelsnit, “Mis Jy My Al”, gee sy luisteraars ’n eerlike blik op die emosies van verlange, herinneringe en onbeantwoorde vrae.

Musiekliefhebbers het Bella verlede jaar leer ken toe sy saam met Chris Steyn die treffende duet “Winter In Die Kaap” uitgereik het. Sy het daarna nóg harte gewen met haar weergawe van “Travelin’ Soldier”, wat sy saam met haar pa, Arnold Coleske, opgeneem het.

Nou tree Bella vol selfvertroue na vore met ’n liedjie wat sy beskryf as een van haar mees persoonlike vrystellings tot dusver.

“’Mis Jy My Al’ gaan oor iemand wat vir ’n kort tydjie deel van jou lewe was, maar steeds ’n groot indruk op jou gemaak het. Dis daai gevoel wanneer iemand aanbeweeg het, maar jy sit nog met die herinneringe en wonder of hulle ooit terugdink aan jou. Die liedjie vra eintlik net daai eenvoudige vraag wat baie mense al gewonder het: mis jy my al?” vertel Bella.

Volgens haar het die inspirasie vir die liedjie uit ’n universele emosie ontstaan waarmee byna almal kan vereenselwig.

“Ek dink die inspirasie het uit daai universele gevoel van verlange gekom. Almal het al iemand gehad wat hulle gemis het of gewonder het wat kon gewees het. Ek wou iets skryf wat eerlik voel en waarmee mense kan identifiseer. Partykeer is dit nie eens oor een spesifieke persoon nie, maar eerder oor die emosie wat daarmee saamkom.”

Met die vrystelling hoop Bella dat luisteraars hul eie verhale in die lirieke sal ontdek. “As iemand die liedjie luister en voel soos: ‘Sjoe, ek weet presies hoe dit voel,’ dan het die liedjie sy werk gedoen. Ek hoop dit laat mense nostalgies voel, maar ook herinner dat ons almal soms deur dieselfde dinge gaan.”

Vir Bella is die vrystelling van haar eerste solo-enkelsnit ’n besonder betekenisvolle mylpaal. “Dis vir my so lekker om dit uiteindelik te kan deel. Ek het lank gewag vir die regte liedjie om as my eerste solo-enkelsnit uit te bring, so dit voel baie spesiaal. Ek is baie opgewonde dat mense bietjie meer van my hart en van ‘Bella’ kan hoor.”

Die enkelsnit word vergesel deur ’n pragtige musiekvideo wat in Stellenbosch verfilm is deur Elias, dieselfde videograaf wat ook verantwoordelik was vir die gewilde musiekvideo van “Winter In Die Kaap”.

“Ek wou hê dit moes dieselfde sagte, nostalgiese gevoel hê as die liedjie. Ons het gefokus op mooi, eenvoudige oomblikke en natuurlike tonele wat die storie ondersteun sonder om dit te ingewikkeld te maak. Ek dink die video vang die emosie van die liedjie baie mooi vas.”

Kykers sal ook die bekende smaakmaker Buksem saam met Bella in die musiekvideo sien.

“Buks is eintlik een van my goeie vriende en is self in die vermaaklikheidsbedryf, so hy is baie gemaklik voor die kamera. Toe ons die video beplan het, het dit net sin gemaak om hom te vra om deel daarvan te wees. Ek dink ons het eintlik meer gelag as gewerk, so dit het die hele proses baie lekker en gemaklik gemaak.”

Met “Mis Jy My Al” bewys Bella dat sy veel meer as net ’n nuwe stem op die toneel is. Sy is ’n kunstenaar met die vermoë om diep emosies in musiek te omskep – en hierdie debuut dui daarop dat daar nog baie mooi stories uit haar pen en hart gaan vloei.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.