Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Afrikaans Oppi Platteland

Afrikaans Oppi Platteland kom in 2026 na Kaapstad én Pretoria!

Redaksiespan28 Augustus 2025
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die gewilde musiekfees Afrikaans Oppi Platteland is terug in 2026 – groter as ooit tevore! Dié fees, wat die afgelope vier jaar duisende musiekliefhebbers getrek het, brei sy horisonne uit en word vir die eerste keer nie net in Kaapstad nie, maar ook in Pretoria aangebied.

Die fees word op 7 Februarie 2026 by die prentjiemooi Môreson Plaas in Kaapstad aangebied, en op 9 Mei 2026 by die Idlewild Country Estate net buite Centurion in Pretoria.

Die Kaapstad-fees beloof ’n ongelooflike musiekervaring met kunstenaars soos: Juan Boucher, Riana Nel, Appel, Demi Lee Moore, Francois van Coke en Die Gevaar, Danny Smoke, Brendan Peyper, Robbie Wessels, Tarryn Lamb, Ricus Nel, Karlien van Jaarsveld, Jay du Plessis, Elandré, Eloff, Die Piesangskille, Kurt Darren, Bok van Blerk, Riaan Benadé, Early B, Justin Vega en Die Heuwels Fantasties.

In Pretoria wag ’n ewe kragtige musiekprogram: Kurt Darren, Elandré, Bok van Blerk, Chris Steyn, Riaan Benadé, Fokofpolisiekar, Snotkop, Juanita du Plessis, Appel, Die Heuwels Fantasties, Juan Boucher, Demi Lee Moore, Danny Smoke, Robbie Wessels, Ricus Nel, Karlien van Jaarsveld, Jay du Plessis, Brendan Peyper, Spoegwolf én die groot terugkeer van Dewald Wasserfall, wat spesiaal uit Nederland kom vir hierdie optrede.

Die bekende smaakmakers Janey en Waney, saam met Angelique Gerber, lei die fees as seremoniemeesters, terwyl Nykie Pretorius agter-die-skerms hoogtepunte op sosiale media sal deel.

Kaartjies is nou beskikbaar by www.kaarkies.co.za.

Afrikaans Oppi Platteland kies koers na Kaapstad én Pretoria in 2026. FOTO: Verskaf

Algemene toegang:

  • Early Bird: R295pp (24 uur geldig)
  • Early Bird Dubbelkaartjie: R550 (15 minute geldig)
  • Algemene Toegang Fase 1: R350pp
  • Algemene Toegang Fase 2: R395pp
  • Skoliere: R250pp (voorskool gratis)
  • Dubbelkaartjie: R650


BBP Gouesirkelkaartjies:

  • R2750pp | BBP
  • R4995 | BBP Early Bird Dubbelkaartjie (15 minute geldig)
  • R1250pp | BBP Gouesirkel Skoliere
  • R500pp | BBP Gouesirkel Voorskool (0–3 Gratis)
  • R25 000 | Platteland Losie (15–20 mense) – vir meer besonderhede kontak 082 415 8000.

Jou BBP gouesirkelkaartjie sluit die volgende voordele in: ’n privaat wyntuin, oop kroeg, beperkte toebroodjie-platters, privaat toilette, fast lane check-in, eksklusiewe sitplekke, wagdiens (vir shooters), goursirkel-area reg voor die verhoog, en die kans om skouers te skuur met kunstenaars en bekendes.

Kampering:

  • R250 pp per dag (kinders onder 12 gratis)
  • Kaapstad: 6 & 7 Februarie
  • Pretoria: 8 & 9 Mei

Glamping (beperkte tente):

  • Kaapstad: 200 tente beskikbaar
  • Pretoria: 75 tente beskikbaar
  • R2200 per tent (2 mense, 1 nag)
  • R2500 per tent (2 mense, 2 nagte)

Sluit in: dome-tent, beddens, matrasse, linne, beligting, elektriese punte, stoele en meer. Navrae: plattelandkamp@gmail.com

Afrikaans Oppi Platteland word met trots aangebied deur Laeveld Agrochem, in samewerking met USN, Stoetbul, Bok Radio, kykNET, Lift Airline, Castle Light, Jose Cuervo Tequila, Netwerk24 en GrootFM 90.5.

Afrikaans Oppi Platteland 2026 beloof om ’n fees van musiek, kultuur en kuier te wees wat jy nie wil misloop nie – of jy nou in die Kaap of Gauteng is!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027
Vyf goeie redes om by Afrikaans Oppi Platteland in Pretoria te wees!
Afrikaans Oppi Platteland kies koers Pretoria toe
Afrikaans Oppi Platteland 2025: Hier is alles wat jy moet weet!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.