Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
GrootFees

GrootFees 2024: ’n Vakansiehoogtepunt vir Hartenbos

Redaksiespan27 Augustus 2024
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Van 21 tot 31 Desember 2024 keer die GrootFees terug na Hartenbos met ’n opwindende reeks musiek- en vermaakaanbiedinge wat vir die hele gesin se vermaak verseker. Hierdie gesogte vakansiegebeurtenis, wat aan die Tuinroete geanker is, bied besoekers die kans om saam met hul geliefdes en gunsteling kunstenaars onvergeetlike oomblikke te deel.

Wat in 2019 begin het as die Somerfees in Mosselbaai, met meer as 30 000 konsertgangers, het vinnig gegroei tot een van die grootste vakansietrekpleisters op Hartenbos. Sedert sy herbenaming in 2022 as die GrootFees, het die fees sy plek as ’n onmisbare deel van die vakansieseisoen gevestig. Die ATKV Amfiteater op Hartenbos bied ’n pragtige en gerieflike omgewing vir konsertgangers om dié skouspel te geniet.

Vanjaar se aanbod sluit in: 

AiG-Buitelug: Op 21 Desember bied die GrootFees ’n unieke buitelugkonsert aan wat ’n weergawe is van die jaarlikse Afrikaans is Groot-konsert in Pretoria. Hierdie konsert sal Elvis Blue, Demi Lee Moore, Tarryn Lamb, Ruhan du Toit, Ricus Nel, Bobby van Jaarsveld, Robbie Wessels, Riana Nel en Monique Steyn op die verhoog hê.

Alternatief is Groot: Op 28 Desember kom Suid-Afrika se beste rockmusieksterre bymekaar vir ’n konsert wat spesifiek gemik is op die jonger generasie. Geniet optredes deur Spoegwolf, Francois van Coke, Die Piesangskille, ONS, Lisie Basson en Early B.

GrootJol: Sluit die jaar af op 31 Desember met ’n groot afskop by die GrootJol. Riaan Benadé, Juanita du Plessis, Chris Steyn, Jay, Samantha Leonard, Karlien van Jaarsveld, Appel, Eloff, Dodo Nyoka en Brendan Peyper sal die aand se vermaak verskaf.

Kaartjies vir hierdie onvergeetlike konserte is nou te koop by www.afrikaansisgroot.co.za.   Bespreek jou kaartjies via Afrikaans is Groot se nuwe interaktiewe kommunikasieplatform, Groot Chat, en ontvang 15% afslag. Let wel: hierdie aanbod is slegs vir ’n beperkte tyd beskikbaar. Om jou gesprek op Groot Chat te begin, stuur “Hi” na 066 515 6611 en laat waai.

Bespreek ’n tafel vir ses vir ’n meer intieme en gemaklike konsertervaring, wat ook ’n kas van 24 blikkies drankies insluit. Vir diegene wat op soek is na ’n premium-ervaring by die AiG-Buitelugkonsert, is daar ’n eksklusiewe goue sirkel area beskikbaar teen R350 per persoon.

Op die feesterein sal besoekers ook ’n wye verskeidenheid kosstalletjies en ’n Buffelsfontein ontspanningskroeg kan geniet. Voor elke konsert sal daar ook vermaak wees om die partytjie aan die gang te kry — net een van die vele verrassings wat die AiG-span vanjaar vir feesgangers inhou.

GrootFees 2024 beloof ’n betowerende ervaring vir die hele gesin. Dit is die perfekte manier om tyd saam te spandeer en die vakansie met musiekhoogtepunte te vier wat jou somer onvergeetlik sal maak. 

GrootFees word met trots aangebied deur Jackpot City in samewerking met ATKV Hartenbos, Belgravia Gin, Laeveld Agrochem, City Lodge Hotels, Toyota, Buffelsfontein Brandewyn en Virseker. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.