Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Afrikaanse sanger verloof

Fanie Nel9 November 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die gewilde Afrikaanse sanger Dillon Lerm (35) het bevestig hy is verloof aan sy meisie van die afgelope drie jaar, Monique Pool, toe hy ná vele probeerslae haar op haar verjaardag vra om te trou.

Die paartjie het twee weke gelede verloof geraak en is eindelik gereed om hul geluk met die res van ons te deel.

Dillon het meer as een keer Monique (25) probeer vra om te trou en dit was eers met die derde probeerslag dat dinge volgens plan verloop het, vertel hy.

Dillon het ’n vryval-kursus in Pretoria vir hulle beplan om die dag af te rond en aan die einde sou elkeen ’n beurt kry om vanuit ’n vliegtuig te spring.

“Sy was onder die indruk ons gaan in ’n lugballon vlieg, maar was gou ontnugter toe ons by Wonderboom-lughawe voor die Pretoria Skydive Club se bordjie tot stilstand kom,” vertel Dillon eksklusief aan Huisgenoot. “Sy was baie benoud en haar hande het gesweet,” sê hy.

Dillon onthou hy was heeldag opgewonde vir wat aan die einde van die dag sou gebeur ná die kursus en ná hul spronge. Maar soos die noodlot dit wou hê, het die wind opgekom en kon die paartjie nie ná hulle vyf uur lange kursus spring nie.

Hulle beplan toe om die volgende naweek terug te gaan vir hul spronge. “Ek moes nog ’n week langer aan die ring vashou,” vertel Dillon, wat nie meer kon wag om die meisie van sy drome die jawoord te vra nie.

“Ons het ’n wonderlike dag gehad; net jammer toe ons klaar gespring het, het Monique die landing met ’n kilometer misgespring en ander kant die lughawe gaan land; nie naby die plek waar ek op haar gewag het nie,” vertel Dillon.

“Wel, sou gewag het as ek dit tot daar kon maak!” sê Monique. “Dillon sny toe per ongeluk sy hoofvalskerm weg gedurende sy sprong en het net die noodvalskerm oorgehad,” sê sy.

Hulle moes toe vinnig inspring en almal daarvoor soek. “Anders moes ek daardie dag vir ons nuwe stokperdjie ’n valskerm koop!” skerts Dillon.

Gelukkig vir Dillon, wat teen dié tyd al gebrand het om Monique te vra, het die volgende geleentheid ’n week later met haar verjaardag opgeduik en het hy haar op ’n boot gevra om te trou.

Dillon se ma en bestuurder, Maxie Lerm, het Monique destyds aangestel om met Dillon se besprekings en bemarking te help en die liefde tussen het begin blom, vertel hulle. Deesdae is Monique die klankingenieur vir Dillon se optredes.

“Ons het besef dis ’n wenresep en ons is vir mekaar bedoel,” sê Dillon.

Baie geluk julle twee!

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.