Die gewilde rocker, Francois van Coke, en sy vrou Lauren Badenhorst het gister ouers geword van ’n dogtertjie.
Francois het op sy Instagram geskryf: “Alex Lila Badenhorst is vandag gebore, op 7 November. Lauren Badenhorst is amazing.”
Francois en Lauren is ook die trotse ouers van ’n viervoetige kind, Ringo. Francois deel gereeld foto’s van hom.
Baie geluk met die toevoeging Francois!
