Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Henrico Coetzer terug met nuwe enkelsnit
Nuus

Henrico Coetzer terug met nuwe enkelsnit

Fanie Nel26 Oktober 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Henrico Coetzer (23) se eerste enkelsnit en musiekvideo, Soos Reën – uit die pen van Joshua na die Reën, is vroeër vanjaar bekendgestel en is ongelooflik goed deur TV-kanale en radiostasies landwyd ontvang.

henrico-small-bly-by-jou
Henrico Coetzer: Bly By Jou. Foto: Verskaf

Nou, is hierdie sanger terug met ’n splinternuwe enkelsnit, Bly By Jou, vanaf sy tweede album, Dis Wie Ek Is. 

“Bly By Jou is ’n liefdeslied soos baie ander, maar die lied het ’n dieper boodskap wat die luisteraars sal raak. Dit het ’n sterk tema en melodie wat dit spesiaal maak.  Ek wil graag hê dat die publiek  mooi na elke woord sal luister en weer in liefde sal glo”, sê Henrico.

As kind van vyf het hy sy ouers al gewaarsku – sing gaan hy eendag sing. En dié eendag is nou. “Dis my passie en al wat ek nog altyd wou doen,” vertel Henrico wat as kind gereeld vertonings aanmekaar gesit het wat hy en sy sussie moes opvoer.

“Talente word nie sommer net vir jou gegee nie. Dis jou verantwoordelikheid om dit te ontwikkel en te gebruik.”

Henrico tree gereeld op, veral by die KANSA-aflosmarathonne, waar hy die man is wat almal se lam bene aan die gang hou tot by die eindstreep. Liefhebbers van die gewilde Blou Hond-teater in Pretoria, sal hom ook herken, aangesien hy gereeld daar optree.

Hy was ook deel van die ensamble in die musiekblyspel, Droomkind, waarin Bobby van Jaarsveld die hoofrol vertolk het.

Bly op hoogte van Henrico se loopbaan op Facebook, Twitter en Instagram.

Luister gerus na ’n voorsmakie van dié snit hier:

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.