Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

The Voice is op pad – na kykNET NOU!

Fanie Nel12 Junie 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die eerste reeks van die Suid-Afrikaanse The Voice-sangkompetisie was ongetwyfeld reeds een van die musiek- en vermaakgebeurtenisse van die jaar. As jy dit misgeloop het of weer in die drama en opwinding wil deel, is daar goeie nuus: Vanaf 6 Junie kan jy naderskuif vir die heruitsending op kykNET NOU! (DStv kanaal 146)

The Voice SA is die aansteeklike inheemse weergawe van ’n werklikheidsprogram wat sy oorsprong as The Voice of Holland gehad het en intussen suksesvol in 60 lande aangebied is. The Voice was ’n toptreffer in die VSA, Australië en die Verenigde Koninkryk waar supersterre soos Adam Levine, Blake Sheldon, Christina Aguilera, Shakira, Pharrell Williams, Tom Jones, Rita Ora, Kylie Minogue, Joel Madden en Ricky Martin in die ikoniese rooi stoele plaasgeneem het om spanne van hoogs talentvolle sangers te kies en dan af te rig vir kompetisiekonserte waarna kykers vir die uiteindelike wenners stem.

Hier by ons is die eerste reeks van The Voice aangebied deur die sjarmante TV-persoonlikheid Lungile Radu en die gewilde, spitsvondige radio-omroeper Stacey Norman. Die afrigters was Karen Zoid, Kahn Morbee, Lira en Bobby van Jaarsveld. En of kykers nou vir #TeamKaren, #TeamKahn, #TeamLira of #TeamBobby ondersteun het, die reaksies op sosiale media het duidelik laat blyk dat al vier afrigters/spankapteine saam gesorg het vir topvermaak.

Maar dit was nie net hierdie vier sterre wat The Voice laat sprankel het nie. Dié reeks het verskeie inspirerende musieklegendes as gaste op die verhoog verwelkom – onder andere die Grammy-wenners Ladysmith Black Mambazo.

Die opwinding is ook nog lank nie verby nie: Binne 48 uur na die uitreiking van die eerste The Voice SA-album asook enkelsnitte van die top-13-deelnemers, het die sangtalent van dié kompetisie koning gekraai op die Suid-Afrikaanse iTunes-treffersparade – sowel op die album- as enkelsnit-trefferslyste.

Richard Stirton se weergawe van die klassieke Simon & Garfunkel-treffer “Sounds of Silence” het die nommereen-posisie verower met Gavin Edwards se interpretasie van Coldplay se “Fix You”, kort op sy hakke, op nommer 2.
Almur Marais – “Stilfontein” vir sy vele aanhangers – het ook die iTunes-toptien binnegeskiet met sy weergawe van Alanis Morisette se “One Hand in My Pocket”.

G’n wonder dus dat Universal Music aangedui het hulle wil opnamekontrakte aanbied aan tien Voice-deelnemers nie. Twee van die topagt-deelnemers, Zoë Modiga en Thembeka Mnguni, het reeds by Universal geteken.

En nou kan jy terwyl jy op hierdie nuwe uitreikings wag, weer of ’n eerste keer, al die drama op kykNET NOU! ervaar en letterlik kyk hoe hierdie nuwe sterre gebore word.

Dis ’n wenkombinasie van nuwe en ikoniese talent – The Voice, vanaf 12 Junie, om 20:30, op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146).

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.