Georic Lomas wat die rol van Morné in die rolprent As Jy Sing vertolk het, is terug met sy debuut enkelsnit wat in die komende week bekend gestel sal word.
Hy wou nie veel verklap nie en het dié video op sy Facebook-blad gedeel met die byskrif: “Meer inligting volgende week.”
Intussen het sy platemaatskappy, Inhoud Huis ook so paar agter-die-skerms oomblikke gedeel op Twitter.
