Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

Redaksiespan28 Augustus 2026
FOTO: Julius Bekker - RFND Photography
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

“Die song gaan oor in die oomblik lewe en soveel daarvan maak terwyl ons lewendig is,” vertel Francois van Coke oor sy nuutste enkelsnit, “LEWE”, saam met Zaan Sonnekus.

Dit is presies dié boodskap wat die twee kunstenaars met ’n oorvloed energie in die enkelsnit én gepaardgaande musiekvideo uitbeeld. “LEWE” is hul tweede samewerking nadat hulle in 2023 reeds kragte saamgespan het vir “Almal Baklei”.

Vir Francois is daar iets besonders aan Zaan se onwrikbare toewyding tot musiek – ’n eienskap waarin hy ook iets van sy jonger self herken.

“Ek en Zaan is vriende, maar ek sien ook iets van myself in hom toe ek daardie ouderdom was. Dit is daardie liggaam-op-die-spel, geen-terughou-toewyding tot musiekmaak. Ek dink die song vang daai houding vas,” sê Francois.

Vir Zaan is die geleentheid om saam met een van sy grootste musikale helde te werk ’n volsirkel-oomblik.

“Om saam musiek te maak met iemand wat my geïnspireer het om dit in die eerste plek te doen, is iets wat ek nie ligtelik vat nie. Francois is al my gunstelingkunstenaar vandat ek ’n klein laaitie was, en ek dink hy sal dit waarskynlik vir die res van my lewe bly,” vertel hy.

Volgens Zaan het hy met Francois se musiek grootgeword en gesien hoe dié rocker ’n pad vir Afrikaanse rock oopkap. Om hom vandag nie net ’n vriend nie, maar ook ’n mentor te kan noem, is vir hom ’n surrealistiese ervaring.

Die “dag-in-die-lewe”-musiekvideo vir “LEWE” vang Francois en Zaan se vriendskap, spontane energie en avontuurlustigheid perfek vas. Die twee het onder meer gaan branderplankry, mekaar getatoeëer, met go-karts gejaag en saam met die inwoners van ’n ouetehuis musiek gemaak.

Kyk die musiekvideo hier:

Hulle het selfs by Danie du Toit van Spoegwolf geleer hoe om braaibroodjies te verf.

“Die video was basies ’n paar dae van dinge doen wat ons waarskynlik nog altyd wou doen. Dit het amper minder soos ’n musiekvideo gevoel en meer soos twee vriende wat herinneringe maak terwyl die kameras toevallig aan is,” vertel Zaan.

Die enkelsnit se kunswerk bestaan uit ’n tatoeëermerk wat Zaan persoonlik op Francois se been aangebring het. Francois se tatoeëermerk op Zaan se lyf het egter ongelukkig nie die finale weergawe gehaal nie.

Die musiekvideo is deur Julius Bekker van RFND Photography verfilm en slaag daarin om die rou energie, kameraadskap en lewenslus van die enkelsnit visueel vas te vang.

Die tattoo wat op Zaan aangebring is. FOTO: Verskaf

“LEWE” is nou op alle groot digitale platforms beskikbaar. Aanhangers kan dié energie ook op 9 Oktober 2026 beleef wanneer Francois van Coke & Vriende die SunBet Arena by Time Square in Pretoria oorrompel.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.