Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Bok van Blerk vier die onbreekbare gees van Suid-Afrikaners met nuwe enkelsnit

Redaksiespan17 Julie 2026
FOTO: Hendri Fourie
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Bok van Blerk, die bekroonde Afrikaanse sanger en liedjieskrywer agter ikoniese treffers soos “De La Rey”, “My Kreet” en “Ik Ben Een Afrikaander”, is terug met ’n kragtige nuwe enkelsnit wat moed, deursettingsvermoë en samehorigheid vier. “Hart Van ’n Leeu” is ’n energieke liedjie wat luisteraars inspireer om elke uitdaging met vasberadenheid aan te pak.

Dié liedjie, wat Bok saam met die bekende liedjieskrywer Johan Vorster geskryf het, het sy oorsprong in ’n eenvoudige, maar kragtige vraag: Wat sou ’n rugbyafrigter vir sy bulletjierugbyspan sê om hulle net vóór die wedstryd te motiveer?

“Ons het dit natuurlik so geskryf dat dit op enigiemand van toepassing is – van bulletjierugby tot netbal, hokkie of selfs ’n MMA-vegter soos Dricus du Plessis. Maar dit gaan ook oor enige gewone mens wat sy beste wil gee. Dit gaan oor daardie gees en die gevoel wanneer duisende mense saam in ’n stadion sit en uit volle bors sing,” vertel Bok.

Daardie stadion-atmosfeer was ook ’n belangrike deel van die opnameproses. “Ons het ’n groot groep mense bymekaar gekry om saam op die liedjie te sing. Dit het daardie massiewe stadion-effek geskep wat die energie van die liedjie perfek vasvang,” sê hy.

Die musiekvideo dra dieselfde emosionele boodskap en is op die stel van die musiekblyspel Ons Vir Jou verfilm, waarin Bok onlangs ’n hoofrol vertolk het tydens dié produksie by die AfriForum Teater.

Vir Bok is die video egter baie meer as net ’n visuele uitbeelding van die liedjie – dit vertel ook ’n persoonlike familieverhaal.

“In die tyd toe ons die liedjie geskryf en opgeneem het, het ek lank in Pretoria by my ma gebly. Ek het een dag in die motorhuis rondgekrap en op ou foto’s van my pa en oupa afgekom.”

Hy vertel hoe dié foto’s hom diep geraak het. “Ek het foto’s gekry van my pa toe hy vir die eerste span van Affies in die Administrateursbeker-finaal gespeel het. Toe kry ek ook ’n foto van my oupa wat vir die Vrystaat rugby gespeel het. Daardie herinneringe, saam met die sporttema van die liedjie, het my laat besluit om dit deel van die musiekvideo te maak.”

Nóg ’n spesiale toevoeging tot die video is Bok se negejarige seun, Samuel, wat ook sy liefde vir rugby uitleef. “Samuel speel nou self rugby en hy is mal oor die sport. Dit het net reg gevoel om hom ook deel van hierdie storie te maak.”

Met sy opbouende lirieke, stadionkoor en opwindende produksie is “Hart Van ’n Leeu” volgens Bok ’n liedjie wat mense sommer regop laat sit. “Dis ’n lekker liedjie met baie gees en energie. Mense wat dit al gehoor het, sê dit gee vir hulle daardie gevoel van: ‘Sit my op, coach – ek is reg!’”

Meer as net ’n sportliedjie is “Hart Van ’n Leeu” ’n viering van die Suid-Afrikaanse gees – die vermoë om saam te staan, nooit moed op te gee nie en altyd aan te hou veg. “Ons mense het ’n ongelooflike wenkultuur. Ons gee nie op nie, ons hou moed en ons staan saam. Dit is die tema wat Johan en ek met hierdie lied wou vasvang.”

Met sy kenmerkende kragtige stem, inspirerende boodskap en aansteeklike energie, beloof “Hart Van ’n Leeu” om nie net op sportvelde nie, maar ook in die harte van Suid-Afrikaners ’n blywende indruk te maak.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.