Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Juanita du Plessis se splinternuwe album ‘Hierdie Oomblik’ is hier!

Redaksiespan26 Junie 2026
FOTO: Willem Botha
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ná meer as twee dekades as een van Afrikaans se mees geliefde kunstenaars, keer Juanita du Plessis terug met haar splinternuwe album, “Hierdie Oomblik” – ’n besonder persoonlike versameling liedjies wat die verhaal vertel van haar lewe, ervarings en groei oor die afgelope ses jaar.

Met ’n indrukwekkende loopbaan wat reeds 17 ateljee-albums, meer as 3,5 miljoen albumverkope en meer as 400 miljoen stromings wêreldwyd insluit, bewys Juanita weereens waarom sy ’n vaste gunsteling onder musiekliefhebbers bly. Die nuwe album bevat 15 liedjies, waarvan nege splinternuwe snitte is en ses reeds bekende enkelsnitte wat oor die afgelope paar jaar vrygestel is.

Vir Juanita is “Hierdie Oomblik” veel meer as net nog ’n album. Dit is ’n weerspieëling van haar hart, haar geloof en die belangrikheid daarvan om die hier en nou te waardeer. Die meeste van die liedjies is deur haarself geskryf, met inspirasie wat direk uit haar eie lewe en persoonlike ervarings spruit.

“Ek het besef hoe belangrik elke oomblik in die lewe is en hoe waardevol die hier en nou werklik is. Hierdie album is my manier om daardie besef vas te vang,” vertel sy. “Musiek was nog altyd my manier om myself uit te druk. As mense my hart wil leer ken, sal hulle dit tussen die lirieke en melodieë van hierdie album vind.”

In ’n tyd waar die musiekbedryf toenemend op enkelsnitte fokus, het Juanita doelbewus besluit om weer ’n volledige album saam te stel. Vir haar is dit ’n manier om dankie te sê aan die lojale ondersteuners wat al vir meer as twintig jaar saam met haar hierdie musikale reis stap.

Aanhangers sal bekende treffers soos “Oulik Verby”, “Even If” en “Liewe Jinne” op die album vind, terwyl haar vertolkings van “The Candle” en “Angel of the Morning” nuwe dimensies aan hierdie geliefde liedjies gee. Met haar kenmerkende stem en emosionele vertolkings maak sy elke lied uniek, haar eie.

Liefde vorm die hart van die album en kom sterk na vore in liedjies soos “Hierdie Oomblik”, “Ons Heilige Plek” en “Ek Belowe”. Daarteenoor bring “Laaste Keer” ’n diep emosionele huldeblyk aan haar broer, Pieter Naudé, en bied dit vertroosting aan almal wat iemand spesiaal in hul lewens mis.

Juanita se speelse en energieke kant kry ook kans om te skitter op “Hey, Huganit”, ’n vrolike viering van vriendskap wat luisteraars ongetwyfeld sal laat glimlag. Vir diegene wat daarvan hou om die dansvloer vol te maak, is “Bly in Jou Baan” een van die album se groot kuier- en danssnitte.

“Ek is seker baie mense gaan hierdie lied nog hardop sing – dalk vir iemand in die verkeer, op sosiale media of sommer net vir die lekkerte!” lag Juanita.

Met produksie deur Franja du Plessis en Murray Lubbe, bied “Hierdie Oomblik” ’n moderne, maar tydlose klank wat die stories en emosies van elke lied perfek ondersteun. Die album neem luisteraars op ’n reis deur liefde, verlies, dankbaarheid, vreugde en die klein oomblikke wat die lewe betekenisvol maak.

Soos haar aanhangers haar al jare ken, bied Juanita met “Hierdie Oomblik” iets vir elke luisteraar – liedjies wat laat dans, laat droom, laat nadink en soms selfs ’n traan laat wegvee.

  • “Hierdie Oomblik” is nou beskikbaar op alle digitale musiekplatforms. Fisiese CD’s en USB-weergawes is ook beskikbaar via Juanita se aanlynwinkel.
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.