Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Krone

SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

Redaksiespan15 September 2025
Charmaine van Sing in Afrikaans voor die Krone-verhoog. FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Loftus Versfeld het op 30 Augustus weer geblink toe die immergewilde Krone-konsert duisende musiekliefhebbers saamgetrek het vir ’n aand vol ritme, nostalgie en kragdadige saamgesang. Vir die derde agtereenvolgende jaar was die geliefde mediapersoonlikheid Charmaine agter-die-skerms en in die hart van die aksie – en sy het dit weereens onvergeetlik gemaak.

Nog voor die eerste noot gespeel is, het Charmaine ’n eksklusiewe kykie gekry na die indrukwekkende 360-grade verhoog en met die Krone-span gesels oor die besonderse beplanning agter die vertoning. Haar passie en toewyding om die Afrikaanse musiekbedryf te ondersteun, stel haar telkens in staat om nie net die kunstenaars nie, maar ook die unieke gees van die geleentheid vas te vang.

Die Krone-verhoog enkele ure voor die hekke oop gemaak het. FOTO: Verskaf
Die Krone-konsert in volle swang. FOTO: Verskaf

Tydens die konsert en selfs agter die verhoog het sy met talle van die grootste name in die Afrikaanse musiek gesels, waaronder Juanita du Plessis, Liezel Pieters, Brendan Peyper, Snotkop en vele meer. By die Kuiertuin het sy ook tyd spandeer saam met die kunstenaars wat die gehoor opgewarm het, wat haar verslaggewing nóg meer persoonlik en lewendig gemaak het.

Maar Charmaine se ervaring was nie net beperk tot die verhoog en die sterre nie – sy het ook deur die stalletjies beweeg, met konsertgangers gesels en die ware polsslag van die aand vasgevang. Haar aansteeklike entoesiasme het gesorg dat haar volgelinge die Krone deur haar oë kon beleef.

Een van die groot hoogtepunte van die aand was die spesiale huldeblyk aan Kurt Darren, wat deur sy vrou Dunay en hul kinders op die verhoog bygestaan is – ’n oomblik wat die gehoor diep geraak het.

Kurt Darren is dié jaar op die Krone-verhoog vereer. FOTO: Verskaf

Charmaine het ook erkenning gegee aan Jess van Cilyca Aesthetics, wat haar ondersteun op haar reis na gesonde vel. “Die CO2 Fraktale behandeling wat ek net na Krone 2025 ontvang het, het my gehelp om my beste self te wees,” het sy vertel.

Met drie jaar van Krone-ervarings agter haar, het Charmaine haar plek as stem en gesig van Afrikaanse musieknostalgie en vermaak bevestig. Haar teenwoordigheid beklemtoon nie net haar toewyding aan die kuns en kunstenaars nie, maar ook die hegte band wat sy met gehore bou.

Krone 2025 sal onthou word as ’n aand van musiek, samehorigheid en onvergeetlike herinneringe. Soos altyd, was dit ’n massiewe saam-sing jol – en Charmaine sien met groot opgewondenheid uit na die volgende jaar se vertoning.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!
Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert
‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!
Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.