Die gewilde musiekfees, Afrikaans Oppi Platteland, bring sy plattelandse gees en eerste klas vermaak vir die eerste keer na Pretoria! Op 9 Mei 2026 sal die feesterrein by die pragtige Idlewild Country Estate Venue, net buite Centurion, tot lewe kom met ’n dag vol Afrikaanse musiek, kos en kuier.
Sedert sy ontstaan in 2023 op die geliefde Moreson Plaas in Malmesbury, het Afrikaans Oppi Platteland vinnig een van die mees gewildste musiekfeeste op die Afrikaanse kalender geword. Dié sukses het gelei tot die ontstaan van bykomende feeste soos Dans Oppi Platteland en Afrikaans Oppi Weskus – alles onder dieselfde sambreel van kwaliteit en gemeenskapsgees.
Met meer as 15 000 feesgangers wat reeds dié fees in die verlede bygewoon het, is daar geen twyfel dat Pretoria se musiekliefhebbers hul tasse gaan pak vir ’n onvergeetlike dag van Afrikaanse ritmes en stories nie. Die organiseerders beloof ’n vuurwarm fees propvol top kunstenaars, verrassingselemente en die unieke Oppi Platteland-atmosfeer wat die fees so besonders maak.
Kaartjieverkope open op 28 Augustus om 10:00, eksklusief aanlyn by www.kaarkies.co.za. Wees vinnig – dié fees gaan beslis nie een wees wat jy wil misloop nie.
Pak jou kampstoele, bring die familie en kom kuier saam wanneer Afrikaans Oppi Platteland koers kies Pretoria toe!
