Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Afrikaans Oppi Platteland kom in 2026 na Kaapstad én Pretoria!

    28 Augustus 2025

    Afrikaans Oppi Platteland kies koers Pretoria toe

    5 Junie 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Ricus Nel en Chris Steyn snoer kragte vir nuwe partytjieliedjie
Nuus

Ricus Nel en Chris Steyn snoer kragte vir nuwe partytjieliedjie

Redaksiespan8 November 2024
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die bekroonde sanger en liedjieskrywer Ricus Nel en die onlangse wenner van Die Kontrak se derde seisoen, Chris Steyn, is gereed om die Afrikaanse musiektoneel te laat ruk met hul opwindende nuwe duet, “Trek Hom Plat.” Hierdie liedjie beloof om die perfekte partytjie-klankbaan te wees vir die Desember-vakansie, met ’n aansteeklike ritme en ’n vrolike, kuier-gesindheid.

“Ek het nog altyd gedink ek en Chris het nogal baie in gemeen. Ek sien baie van hom in my toe ek jonk was. Sy rustigheid, en net wie hy is. Dis vir my lekker om iets saam met hom te doen,” vertel Ricus, wat as mentor vir Chris opgetree het in die musiekvideo.

Met die gesegde “trek hom plat” as inspirasie, het die twee kunstenaars hierdie liedjie geskep om lig en vol energie te wees. “Dis maar net ’n lekker partytjie-liedjie wat mense in Desember sal kan luister en die gemoedere sal lig,” verduidelik Ricus. Die musiekvideo, verfilm deur Eric T Graham en Tehan Buys, het ’n komiese “karate kid”-element waar Ricus in ’n rol soortgelyk aan “Mr. Miyagi” optree en Chris ’n paar truuks wys — nie oor karate nie, maar oor hoe om regtig “plat te trek.” Die video is propvol humor en beloof om kykers hard te laat lag.

Chris beskryf die duet as ’n ware hoogtepunt vir hom. “Dit voel omtrent soos ’n volsirkel oomblik vir my,” deel hy opgewonde. “Ek het my eerste liedjie by Afrikaans is Groot gesing verlede jaar, en nou, ’n jaar later, het ek die voorreg om saam met een van die groot name in Afrikaanse musiek ’n liedjie uit te bring. Dis ongelooflik!”

Hy voeg by, “Ek het vir Ricus gevra of hy saam my die liedjie wil doen en hy het onmiddellik ja gesê. Dit was so cool dat hy ’n liedjie saam met my wil vrystel.”

“Trek Hom Plat” is ’n sokkie-ritme wat luisteraars sal aanmoedig om op te staan en saam te dans. Dit is geen diep ballade nie, maar eerder ’n liedjie wat luisteraars moet geniet en saam met vriende kuier, vertel Chris. “Ek hoop die mense geniet dit vreeslik. Dit is net ’n lekker kuier-liedjie.”

Die duet van Ricus Nel en Chris Steyn, “Trek Hom Plat,” beloof om in Desember ’n gunsteling te wees.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Rooksein se nuwe hoofstuk begin nóú!
ONS vra die belangrike vrae met nuwe enkelsnit
Pieter Koen vier die chaos van ’n té lekker aand in
Eloff en die boys wil net ‘bietjie chill’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Rooksein se nuwe hoofstuk begin nóú!

13 Maart 2026

ONS vra die belangrike vrae met nuwe enkelsnit

13 Maart 2026

Pieter Koen vier die chaos van ’n té lekker aand in

13 Maart 2026

Eloff en die boys wil net ‘bietjie chill’

13 Maart 2026

Anzelle breek die ‘reëls’ met nuwe dansvloer-treffer

9 Maart 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.