Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Franja gaan die dansvloere laat kook met nuwe treffer

Redaksiespan14 Junie 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Franja du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde musikale talente, stel haar splinternuwe enkelsnit Lisensie op 14 Junie 2024 digitaal vry. Geïnspireer deur haar passie vir dans, en veral langarm, is Lisensie gereed om dansvloere regoor die land aan die brand te dans hierdie winter.

“Dans maak my gelukkig en as ’n man kan langarm soos my Pa, nog beter,” sê Franja oor die inspirasie agter die liedjie. “Dit is eintlik die minder lekker langarm uitstappies wat tot die liedjie gelei het. Wys eers jou ‘lisensie’ dat ek kan sien of jy kan dans voor jy my vir ’n draai kan vat,” vertel sy laggend.

Dié pop/sokkie-treffer is geskryf deur Franja self en vervaardig deur die meesterlike Murray Lubbe. Hierdie snit beloof om ’n aansteeklike ritme en bekende klank te hê wat aanhangers se voete laat jeuk om te dans. Nadat Franja ’n stukkie van twee opsies vir liedjies op sosiale media gelaai het, het aanhangers vinnig laat weet dat Lisensie hul gunsteling is. “Ek is bly Lisensie was die gunsteling – hy het ’n lekker bekende klank en die ritme is aansteeklik,” sê Franja.

Die musiekvideo vir Lisensie is vervaardig deur Gerduan Kemp en bied ’n unieke blik op Franja. Die storielyn handel oor ’n drieman orkes se voertuig wat onklaar raak en hulle hoor van ’n herstelwerkplek in Pretoria waar meisies werk om hom reg te maak. Die res van die storie sal kykers moet wag en sien wanneer die video op 14 Junie bekendgestel word.

Kyk die musiekvideo hier:

Lisensie is die derde enkelsnit vanaf haar opkomende album wat begin 2025 verwag word. Franja, ’n boffin in die musiekateljee, speel sewe musiekinstrumente en het reeds talle toekennings agter haar naam. Sy is in 2017 as Nuweling van die Jaar en Vroulike Kunstenaar van die Jaar by die Ghoema-toekennings bekroon. Met meer as 50 miljoen strome tot op hede, insluitend platinumstatus vir haar enkelsnit Bring Dit en haar debuutalbum My Verhaal, is Franja du Plessis ’n krag om mee rekening te hou in die musiekbedryf.

Moenie hierdie opwindende vrystelling misloop nie! Lisensie en die gepaardgaande musiekvideo sal vanaf 14 Junie 2024 op alle digitale platforms beskikbaar wees. Maak seker dat jy jou dansskoene reg het en bereid is om hierdie winter die dansvloere warm te dans!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.