Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Danny Smoke stof sy kitaar af vir ’n nuwe enkelsnit

Redaksiespan10 Mei 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Danny Smoke is ’n gerekende vervaardiger en het veral bekendheid verwerf vir sy fenomenale kitaarspel. Daar is omtrent nie ’n verhoog in die land waarop hy nog nie opgteree het nie en agter die skerms was hy betrokke by die vervaardiging van die grootste treffers en sterre se musiek in Suid-Afrika!

Ná die suksesvolle vrystelling van sy enkelsnit Wie’s Jou Kat in 2022 stof Danny nou sy kitaar af vir ’n splinternuwe enkelsnit – Stadig. 

Danny Smoke se nuwe liedjie is nou beskikbaar. FOTO: Verskaf

Dié enkelsnit uit Danny se pen vang daardie oomblik vas van twee mense wat in tyd “stadig” asem haal terwyl hul harte saam vinniger klop. Twee sielsgenote wat mekaar gevind het en die gevoel goed ken. 

“Dit is ’n love song, maar ook uitdagend. Ek hou daarvan om in die moment te lewe, en dit was my inspirasie om dié song te skryf,” het Danny gesê.

Stadig is vervaardig deur die gerekende vervaardiger Murray Lubbe van The Hit Factory. Hierdie ateljee het treffers vir Brendan Peyper en Appel opgelewer. 

“Ek probeer al hoe meer real wees in my musiek en wil hê mense moet ervaar hoe lief ek dit het! My klank verander elke keer ’n bietjie, en dis exciting vir my,” het Danny gesê.

Danny kom uit ’n musikale familie en musiek was reeds van kindsbeen af deel van sy lewe. Volgens die musikant inspireer enigiemand met musiektalent wat die bedryf bevorder hom.

“Musiek gaan slegs oor emosies en hoe om dit te ontlok. Ek skryf musiek soos wat ek op die spesifieke dag voel.” 

Die musiekbedryf het hom geleer dat jy as musikant na jouself moet omsien en die verhoudings wat jy bou moet op pas. Hy het ook geleer dat dit veel meer as musiektalent verg om sukses in die bedryf te behaal. 

Danny is op die Aitsa-musiektoekennings met die prys vir beste vervaardiger vereer en is vanjaar ook benoem vir liedjieskrywer van die jaar vir Jo Black en Refentse se treffersnit Rig Jou Oë Na die Berge. 

Danny se debuutalbum Swaeltjies is benoem vir ’n SAMA (South African Music Award) en verskeie van die albums wat hy vir ander kunstenaars vervaardig het, is al vir dié gesogte toekennings benoem. 

LEES OOK: Danny Smoke trek aandag met eerste enkelsnit

Sy musiekvideo vir die liedjie Jou Lippe het byna 3 miljoen kykbeurte op YouTube en hy het onlangs vir die eerste keer in Australië en in Nieu-Seeland getoer met sy eie vertoning. 

Danny droom daarvan om die land se grootste kunstenaar te word en om sy eie musiek op die Afrikaans is Groot-verhoog te sing. 

Hy sonder sy optrede by die Country Music Awards in Nashville, Tennessee in die VSA, uit as een van die hoogtepunte in sy loopbaan. 

As hy nie ’n musikant was nie, sou hy ’n mode-ontwerper of ’n professionele jagter wou wees. “Of ’n rolprentster,” skerts hy. 

  • Stadig is nóú beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify, Deezer en YouTube Music. 
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.