Tasché is terug met die klankbaan vir jou diepste herhineringe. Haar nuutste oorspronklike ballade, getiteld Prentjies is beeldend en beeldskoon. Tasché beskryf hierdie lied as “so eenvoudig geskryf, tog so beskrywend.”
Speel die lied en voel hoe jy onmiddelik wegsink in jou eie verlange soos jy jou eie prentjies op die maat van die lied verf.
Prentjies volg kort op die hakke van Sal jy vir my wag se sukses en is die tweede lied wat deur Hiram Koopman vir Tasché geskryf is.
Tasché vertel: “Die dag toe Hiram vir my Prentjies gespeel het (buite op Sunset Studio se stoep met sy kitaar in sy hand), kon ek die prentjies en stories sien terwyl ek luister. Dis vir my een van die mooiste eienskappe van dié song.”
Prentjies is ook vervaardig deur Hiram en is opgeneem en mooi bymekaar getrek deur Loki Rothman van Rothman Records.
KLIK HIER OM NA PRENTJIES TE LUISTER
Hou Tasché se sosiale media dop vir Prentjies se musiekvideo wat vroeg Maart uitgereik sal word.