Ná vier jaar se stilte is Elizma Theron weer terug met ’n nuwe enkelsnit uit die pen van Brendan Peyper.
Op Man so na my hart swymel Elizma soos ’n tiener oor haar geliefde en dis flippin oulik en maak jou sommer lekker voel aan die binnekant. Dis ’n popliedjie wat spreek tot tradisionele waardes. Dis ’n mengsel van Shania Twain en Wilson Phillips.
Dis mooi as lang getroude paartjies nog duislig raak vir mekaar.
Die catchy frasering van die koor vertel die storie van ’n paartjie wat al vir jare saam is “Veral as jy my aan die hand vat, my uit die dorp vat tot daar waar die grondpad ons lei tot waar die son sak en jy soen my onder die boom waar ek en jy saam kon droom – Eendag as ons groot is.”
Dit sê nogal baie van die tyd waarin mens leef as ’n gesinsvriendelike liedjie oor die ekstase van langdurige verhoudings iets buitengewoon is. Dit sê nog meer van die persoon wat bereid is om hul hand op te steek en te sê ‘ek glo nog in die goeie dinge’.
