Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Rinél Day: Ek Het Opgestaan
Resensies

Rinél Day: Ek Het Opgestaan

Leoné Prinsloo11 Oktober 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

IB ENTERTAINMENT (2020)

80%
80%

Rinél Coetzer, beter bekend as Rinél Day, se derde ateljee-album, Ek Het Opgestaan, wat uit ’n interessante mengelmoes van country- en popmusiek bestaan, beloof om luisteraars met ’n hernude lewenslus en hoop vir die toekoms te vul. Dit volg ses jaar ná die uitreiking van Dit Staan In Die Sterre, haar Ghoema-benoemde album in die kategorie vir Beste Kontemporêre Album deur ’n Vroulike Kunstenaar, waarvan die titelsnit as ’n bonussnit op hierdie album ingesluit is. Sy was ook saam met Emil Struwig deel van die groep, Jane Duke, wat met hulle liedjie, Hemel In Jou Oë, een van die Afri-Visie liedjieskryfkompetisie se Top 26-finaliste was.

Die moderne album omslag ontwerp met sy byna skilderagtige afwerkings deur Lizae Visser van Hook’em Graphics, waarop Rinél skouerhoogte in die water sit, simboliseer die titelsnit wat vertel hoe sy uit die troebel waters van gebrokenheid opgestaan het. Werner Beukes wat die produksie en verwerking van hierdie album behartig het, was ook vir alle instrumente en agtergrondstemme daarop verantwoordelik. Dit bestaan uit dertien oorspronklike snitte wat Rinél en Werner met die insette van verskeie ander persone geskryf het, insluitend bydraes deur die liedjieskrywers, Johann Oberholzer en Marthinique Lombard (Latsky).

Die titelsnit en eerste enkelsnit, Ek Het Opgestaan, is ’n inspirerende lied oor die moeilike tyd wat Rinél ná haar egskeiding beleef het toe sy haarself weer moes vind terwyl sy nog die stukkies van haar hart opgetel het. Die tweede enkelsnit, Breek Die Mure Af, is ’n voetstamplekker popsnit met ’n speelse ritme wat vertel hoe ons almal bereid is om ons mure te laat sak vir die een wat ons liefhet en om daardie persoon volkome te vertrou.

Die roerende pleidooi, Huil Oor Jou, in die vorm van ’n ope brief aan ons geliefde vaderland, Suid-Afrika, skroom geensins om die verdeeldheid en onenigheid binne ’n hedendaagse reënboognasie aan te spreek nie. Ander potensiële treffers sluit in Gyselaar, Hier Om Te Bly, Jy’t My Gered, Is Jy Alleen?, Maak My Joune en Vlieg Oor Die Maan.

Hierdie album bevat verder ook Rinél se aangrypende vertolking van Katherine Darnell se geestelike lied, Rescue Me, asook haar duet, Ons Is Liefde, saam met Riaan Grobler. ’n 80’s Medley bestaande uit die immergewilde treffers, Leave A Light On, Spanish Eddie en How Do You Do? saam met haar vervaardiger, Werner, sluit dié album op ’n hoogtepunt af.

Rinél slaag oudergewoonte met die kleurryke ondertone in haar strelende stem daarin om luisteraars een oomblik na ’n ander wêreld mee te voer en dan die volgende oomblik weer te laat regop sit. Hoewel hierdie album nogal heelwat van die rustiger aanslag op haar vorige albums verskil, bied dit steeds ’n gesonde balans tussen haar kenmerkende danstreffers en sielsballades wat grotendeels op ware gebeure, asook gevoelens, uit haar persoonlike lewe geïnspireer is. Ek Het Opgestaan met sy betekenisvolle lirieke, meesleurende wysies en aansteeklike ritmes sal aanklank vind by diegene, wat al ervaar het hoe ’n beter en sterker mens telkens uit die pyn en seerkry wat hulle beleef het, gebore is.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies
95
Bernice West: Net Geleen

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.