Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Afrikaans Oppi Platteland kom in 2026 na Kaapstad én Pretoria!

    28 Augustus 2025

    Afrikaans Oppi Platteland kies koers Pretoria toe

    5 Junie 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Abel Knobel: Refleksies
Resensies

Abel Knobel: Refleksies

Leoné Prinsloo24 Augustus 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

BOOOMRECORDSZA (2019)

80%
80%

Abel Knobel se lang verwagte debuut solo-album, Refleksies, wat as ’n oop venster na die binnekamers van sy hart beskou kan word, beloof om aan sy luisteraars ’n introspektiewe blik op sy kronkelende lewensreise en -paaie tot dusver te bied. Dit volg op die vrystelling van sy debuut solo-enkelsnit, Die Stilte Het Gepraat, ’n mid-tempo ballade oor die verlies van liefde, eensaamheid en verwerping wat hy saam met Pierre Rossouw geskryf het.

Dié aantreklike blondekopsanger wat oorspronklik saam met Christiaan Botha en Stephan van Huyssteen as deel van die gewilde mansgroep, NRG, bekendheid verwerf het, was in 2016 ook een van die mees belowende finaliste op die realiteitsprogram, The Voice (South Africa).

Die albumtitel, Refleksies, vind neerslag in die moderne album omslag met skakerings van oranje, turkoois en navy, soos duidelik blyk uit Nic Billington se foto’s van Abel, waarop sy skadubeeld telkens as gevolg van helder sonlig in die agtergrond verskyn. Sean Butler van Melody Lane Studios wat saam met Abel vir die verwerkings, produksie en meng van die 17 snitte op hierdie album verantwoordelik was, het ook die 15 oorspronklike Afrikaanse snitte daarop saam met hom en Reynard Slabbert geskryf. Alle instrumente, insluitend trekklavier, klavier en synthesiser deur Sean, asook akoestiese en elektriese kitaar deur Abel, sowel as baskitaar deur Denny Lalouette en dromme deur Vinnie Henrico, is lewendig opgeneem, wat ’n baie outentieke klank daaraan verleen.

Die titelsnit, Refleksies, dien as die ideale vertoonvenstersnit vir hierdie uiters persoonlike album, waarop Abel na uiteenlopende situasies en emosies in sy hede, sowel as verlede, reflekteer in die hoop om luisteraars hierdeur ook aan hulle eie lewensreise te herinner. Die eerste enkelsnit, Die Wildernis, vertel hoe die lewe soms donker en vreesaanjaend vir jou kan lyk totdat jy iemand vind wat dit saam met jou kan aanpak en deur sy/haar teenwoordigheid in ’n opwindende avontuur omskep. Die tweede enkelsnit, Verstrooid, is ’n tong-in-die-kies-snit oor die uitwerking wat ’n vrou onbewustelik deur haar voorkoms op ’n man kan uitoefen.

Die ritmiese snit, Bipolêr, poog om die effek van die skrywer se geliefde op hom te vergelyk deur die kenmerkende op- en af-oomblikke in ’n liefdesverhouding met die maniese fases van die geestestoestand, bipolêre depressie, te vergelyk. Die nostalgiese snit, Meisie Op Die Strand, wat oor liefde, verlange en hunkering handel, is geïnspireer deur ’n onbekende jong meisie wat stoksielalleen op ’n strand in Spanje gesit en vir langer as ’n uur na die horison gestaar het. Die geestelike snit, Verworpe Golgota, wat verskeie intertekstuele verwysings na sleutelelemente vanuit die Bybelse verhaal oor Jesus se kruisiging bevat, gebruik Golgota as metafoor vir menslike emosies soos moedeloosheid, eensaamheid en verlatenheid.

Dié album bevat ook indrukwekkende weergawes van Brandi Carlile se treffer, The Story, en Tracy Chapman se treffer, Fast Car, waardeur die volle omvang van hierdie begaafde tenoor se vokale vermoëns ten toongestel word. Ander potensiële treffers sluit in Soewenier, As Die Mure Kon Praat, Die Trein, Hoop Is Nooit Verlore, Ek Mis Jou, Simfonie en Huis Toe.

Liefde, hoop en selfaanvaarding is die sentraal-onderliggende temas op hierdie inspirerende album, waarmee Abel ongetwyfeld daarin slaag om homself stewig as ’n solo-kunstenaar in die Afrikaanse musiekmark te vestig. Sy besluit om heeltemal weg te breek van die elektro-popklank, waarvoor NRG destyds bekend geword het, en dit vir ’n volwasse kontemporêre klank met ’n tikkie pop-rock te verruil, sal vir hom ’n splinternuwe groep aanhangers van alle ouderdomme verseker. Refleksies met sy geestelike ondertoon, opbouende aanslag, tydlose stories, dieperliggende lirieke en lewendige instrumente sal beslis aanklank vind by enigeen wat al ooit op een of ander stadium in hulself of hul eie vermoë getwyfel het.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
95
Bernice West: Net Geleen

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Anzelle breek die ‘reëls’ met nuwe dansvloer-treffer

9 Maart 2026

Nóg ’n liedjie vanaf Jo Black se opkomende EP

9 Maart 2026

Dans op Alweer Dian se voete met nuwe enkelsnit

9 Maart 2026

Bibi stel kragtige nuwe enkelsnit ‘ASPRIS’ vry

6 Maart 2026

Riaan Benadé terug met kragtige nuwe enkelsnit ‘Kattebak’

6 Maart 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.