Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Afrikaans Oppi Platteland kom in 2026 na Kaapstad én Pretoria!

    28 Augustus 2025

    Afrikaans Oppi Platteland kies koers Pretoria toe

    5 Junie 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Bernice West: Net Geleen
Resensies

Bernice West: Net Geleen

Leoné Prinsloo17 Augustus 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Dit volg op die wegholsukses van haar debuutenkelsnit, Sonop-Blom, wat die No.1-posisie op Apple Music se Afrikaanse enkelsnit lys beklee het, asook binne die eerste drie maande ná sy vrystelling reeds deur 1 miljoen mense op YouTube gekyk is. Hierdie begaafde krulkop het oorspronklik bekendheid verwerf as die naaswenner van kykNET se gewilde talentsoek kompetisie, Maak My Famous, en as ’n lid van Hoërskool Rustenburg se skoolkoor wat met hulle verstommende musiekvideo van Bohemian Rhapsody wêreldwyd groot opslae gemaak het.

Die kunssinnige album omslag ontwerp deur Hendri Viljoen van Skoll Marketing, Design & Photography met pragfoto’s deur Robin Malherbe word deur verskillende skakerings van aardse kleure soos geel, oranje, pienk, bruin, blou en grys gekenmerk. Johan Vorster en Jacomien de Villiërs was die uitvoerende vervaardigers aan die stuur van hierdie album met Bernice op klavier en Raymond Green op kitare, terwyl die produksie en meng deur Robin Kielly behartig is. Bernice se debuutalbum bestaan uit 14 oorspronklike snitte wat hoofsaaklik uit hierdie talentvolle liedjieskrywer se eie pen kom, terwyl Johan Vorster, Jacomien de Villiërs, Lourens Pëtersen en Renier West met enkele snitte hand bygesit het.

Die titelsnit, Net Geleen, wat handel oor mense wat net vir ’n spesifieke seisoen in jou lewe vir jou geleen was, is ook simbolies van Bernice se musikale talent wat die Here slegs aan haar geleen het en wat sy in die vorm van haar debuutalbum aan Hom terug gee. Die eerste enkelsnit, Sonop-Blom, bestaande uit ’n interessante kombinasie van moderne pop-, rock- en alternatiewe musiek, handel oor die klein herinneringe waaraan ’n mens vashou wanneer jy na iets of iemand verlang wat jy in jou lewe verloor het. Die tweede enkelsnit, Die Hart, wat uit ’n mengsel van alternatiewe pop-rock met ’n spatsel maskandi bestaan, ontleed die biologiese terme van die menslike hart om te insinueer dat dit gesteel is met verwysing na die algemene frase deur verliefdes, “Jy het my hart gesteel”.

Die derde enkelsnit, O Kind, is ’n hartroerende ballade met ’n geestelike ondertoon waarin die skrywer die jonger weergawe van haarself in die derde persoon aanspreek en belangrike lewenswyshede met haar deel waaroor sy wens sy vroeër in haar lewe reeds beskik het. Die enigste oorspronklike Engelse snit, Chrome Clouded, waarin die beskerming van die Here met die onbreekbare metaal, chroom, vergelyk word, is geïnspireer deur die Bybelse verhaal van Jesus wat eendag weer op die wolke sal terugkeer om al Sy kinders te kom haal. Ander potensiële treffers sluit in Kom Binne, Ingeperk, Beset, Sinkertjie, Spoorlose Stasies en Klop.

Eenvoud, ’n duet met Bernice se broer, Renier West, die stigterslid van die Potchefstroomse musiekgroep, Rooksein, vertel hoe twee geliefdes saam oor hulle verhouding terug kyk en uiteindelik tot die gevolgtrekking kom dat hul mekaar se grootste fout was. Ons Is Familie, het sy ter viering van kykNET se 20ste bestaansjaar saam met Jo Black, Appel, Danny Smoke, Leah, Cheswyn Ruiters, Jan Bloukaas, Biggy, Early B en Emo Adams opgeneem. Hierdie album word op ’n hoogtepunt afgesluit deur haar aangrypende akoestiese weergawe van O Kind, met Danny Smoke op kitaar en Rochelle Rautenbach op baskitaar.

Dié 19-jarige superster met haar asemrowende stem en byderwetse musiekstyl, wat plek-plek ’n bietjie aan die akoestiese rock-aanslag van Karen Zoid herinner, openbaar deurlopend verbysterende lewensinsigte, asook ongeëwenaarde vokale vermoëns, vir haar ouderdom. Hoewel hierdie album glad nie in die boksie van enige spesifieke genre vasgevang kan word nie, slaag dit egter nog steeds daarin om die uitdagende balans tussen ’n innoverende en kommersieël aanvaarbare klank te vervolmaak. Net Geleen wat ’n kosbare versameling van herinneringe uit Bernice se grootwordjare bied, spreek universele temas soos verhoudings, liefde en geloof aan, waarby luisteraars van alle ouderdomme aanklank sal kan vind.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Anzelle breek die ‘reëls’ met nuwe dansvloer-treffer

9 Maart 2026

Nóg ’n liedjie vanaf Jo Black se opkomende EP

9 Maart 2026

Dans op Alweer Dian se voete met nuwe enkelsnit

9 Maart 2026

Bibi stel kragtige nuwe enkelsnit ‘ASPRIS’ vry

6 Maart 2026

Riaan Benadé terug met kragtige nuwe enkelsnit ‘Kattebak’

6 Maart 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.