Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Pelican State bring ’n vars, alternatiewe klank na Afrikaanse musiek

Leoné Prinsloo3 Augustus 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Pelican State het soos ’n vars briesie oor die Suid-Afrikaanse musieklandskap kom waai met ’n baie interessante mengsel van alternatiewe, indie en rock klanke waardeur hulle musiek gekenmerk word. Hierdie innoverende musiekgroep is Constant van Graan se solo-projek met sy sessie musikante, André Huyser op kitaar en Andri Huyser op klawerbord. “Pelican State is die bynaam van die Amerikaanse deelstaat, Louisiana, waar die amptelike drankie melk is. Pelican State is dus ’n huldeblyk aan dié eienaardige, wonderlike plek, wat ek baie graag nog in die toekoms wil besoek,” vertel Constant oor die inspirasie agter die naam vir sy solo-projek.

Nadat Pelican State se debuutalbum, Imaginary Stones, wat hoofsaaklik uit oorspronklike Engelse snitte bestaan het in 2016 vrygestel is, maak dié talentvolle groep musikante hulle toetrede tot die Afrikaanse musiektoneel met die indrukwekkende enkelsnit en musiekvideo, Naby Jou. Constant vertel hoe dié pragtige liefdeslied, wat hy saam met Luke Smith geskryf het, eintlik toevallig deel van Pelican State se repertoire geword het. “Ons wou hierdie liedjie aanvanklik vir ’n platemaatskappy stuur, maar nadat ons die demo klaar opgeneem het, kon ons dit eenvoudig net nie oor ons harte kry om dit weg te gee nie! Ons het toe besluit dat dit eintlik ʼn Pelican State-liedjie is – ’n besluit waaroor ek op die ou end baie bly is,” sê hy.

Kyk die musiekvideo vir Naby Jou hier:

Constant wat bedags by die Potchefstroomkampus van die Noordwes Universiteit ’n dosent in Forensiese Rekenmeesterskap is, het ook ’n kinder- en jeugverhaal, Jungu Josh en die Goue Kalbas, geskryf wat onlangs by NB Uitgewers verskyn het. Dit handel oor die 13-jarige Josh, 15-jarige Njeri en aardwolf, Charlie, se avonture onderweg na die wyse man, Ngandu, in die geheime vallei, Kalimbula, op soek na antwoorde oor die verdwyning van Josh se ma.

Jungu Josh, die temalied van hierdie kinder- en jeugverhaal wat deur Constant en Richann Brussöw geskryf, asook deur Rieg van Finn van Morgenzon Records vervaardig is, bevat lirieke in Afrikaans en Magani, ’n fiktiewe taal vir die boek se doeleindes.

Jungu Josh wat deur Pelican State uitgevoer word, is op die oomblik onder die top 10 in die Wêreld Musiek-kategorie van die internasionale liedjieskryfkompetisie, Unsigned Only. “Ek het gedink dit sal goed wees om ’n internasionale gehoor se reaksie te toets en tot dusver was die terugvoer baie positief. Dis regtig opwindend om te weet dat hierdie lied gedurende die finaal deur verskeie musieklegendes soos Aimee Mann en Grouplove beoordeel gaan word,” vertel Constant oor sy deelname aan hierdie kompetisie, waarvan die wenners in September 2020 bekend gemaak sal word. Die aardse atmosfeer van die plaas in Oos-Afrika waar Josh saam met sy tannie woon, word uitgebeeld deur Jors Dannhauser se asemrowende wildlewe fotografie in die musiekvideo vir Jungu Josh wat deur André du Bruyn vervaardig is.

Kyk die musiekvideo vir Jungu Josh hier:

Constant het ook saam met Richann die lied, Slot en Grendel, geskryf wat in 2015 een van die Top 26-finaliste in die kykNET Afri-visie Liedjieskryfkompetisie was. Constant vertel dat hy dit baie geniet om saam met ander skrywers soos Luke en Richann te werk, maar dat hy meestal alleen skryf. “Gewoonlik kom die melodie eerste – soms wanneer ek rustig in die tuin sit en die lewe oordink, maar ander kere in ’n besige Pick-n-Pay. Ek gee gewoonlik die melodie eers ruimte om met my te praat – soms kan dit net ’n paar minute neem terwyl party liedjies se lirieke eers na etlike maande kom. Dan is dit herhaal, herhaal, herhaal – dis vir my belangrik om die liedjie gereeld te sing, daaraan te skaaf en daarmee te stoei voordat ek dit met die wêreld deel,” vertel hy oor sy benadering tot die skryf van liedjies.

Vir Constant is musiek ’n persoonlike ervaring en daarom waak hy daarteen om voorskriftelik te wees oor wat ’n persoon veronderstel is om te beleef wanneer hy/sy na Pelican State se musiek luister. Hierdie begaafde musikant en liedjieskrywer het nog groot toekomsplanne wat die opname van ’n kortspeler saam met André en Andri Huyser, sowel as optredes by verskeie kunstefeeste regoor Suid-Afrika insluit.

Pelican State se musiek wat reeds op verskeie radiostasies gehoor kan word, is ook aanlyn beskikbaar op Apple Music en op Spotify.

  • Volg Pelican State op Facebook en Instagram en kry hul musiek op YouTube of Soundcloud.
Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.